Deur ALANI JANEKE
29 Oktober 2012

346 keer gelees | 0 kommentaar

Een van die eerste studies in sy soort bewys dat sowat 24 miljoen mense in Afrika van die tabakbedryf afhanklik is vir oorlewing.


Ná die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die Verenigde Nasies (VN) vroeër vanjaar aangekondig het dat dit regulasies wil instel om tabakverbouing te beperk, het die Tabakinstituut van Suider-Afrika (TISA) navorsing laat doen oor presies hoe groot die bedryf in Afrika is. Dié studie, wat deur NKC Onafhanklike Ekonome voltooi is, het bevind dat sowat 24 miljoen mense in Afrika van die bedryf afhanklik is. Daarvolgens is die bedryf op dié kontinent sowat $10 miljard werd.
 
Die studie is onderneem in 15 Afrika-lande, wat deel vorm van drie handelstreke waarin die tabakbedryf ’n sterk sektor is. In twee van dié lande, Malawi en Zimbabwe, is dié bedryf die grootste werkverskaffer.

Mnr. Francois van der Merwe, hoof uitvoerende beampte van TISA, sê: “In Malawi verteenwoordig die bedryf 15% van die land se Bruto Binnelandse Produk (BBP), in Zambië ondersteun dit sowat 20% van die bevolking en in Zimbabwe verskaf dit werk aan sowat 1,3 miljoen mense. Dit is noemenswaardige syfers.”
 
Regstappe             
Die voorgestelde regulasies sal volgende maand tydens die vyfde Raamwerkkonvensie van Tabakbeheer van die partye in Seoel, Korea, bespreek word. Van der Merwe sê mits die regulasies aanvaar word, sal dit ernstige gevolge inhou vir die miljoene mense wat van die bedryf afhanklik is.
 
Dié studie sal voor dan aan soveel moontlik instansies en regerings gestuur word, en Van der Merwe sê hulle hoop logiese denke sal seëvier. TISA oorweeg nie tans regstappe om die instelling van sulke stappe te voorkom nie.
 
Volgens Van der Merwe is dié regulasies saamgestel sonder dat enige samesprekings met die bedryf gevoer is en sonder om die impak daarvan op mense se oorlewing in ag te neem. “Hierdie ekstreme maatreëls word voortgedryf sonder dat samesprekings met enige belanghebbendes in die bedryf plaasgevind het. Daar word basies net met gesondheidsdepartemente gepraat.”
 
Regulasies verwelkom
Van der Merwe sê hulle steun die regulasies vir die gebruik van tabakprodukte, maar dit moet regverdig wees en die impak op die totale bedryf in ag neem.
 
Die WGO se veldtog wat die afgelope tien jaar bedryf is, het volgens Van der Merwe nie die gewenste resultate opgelewer nie. Hy sê ten spyte van dié veldtog meen hulle die verbruik van tabakprodukte het nie afgeneem nie. Sowat 1,3 miljard mense gebruik volgens die navorsing tans tabakprodukte.
 
“Na verwagting gaan gebruikersgetalle oor die volgende 15 jaar tot 1,6 miljard mense toeneem,” aldus Van der Merwe. “Hierdie veldtog word, na my mening, ’n reuse-verleentheid vir die VN. En hoe kan jy ’n sektor reguleer sonder om met die sektor samesprekings te hou? Sal hulle so iets aan die voertuigbedryf doen? Nee!”

Lees hier meer oor verwikkelinge in die tabakbedryf in Suid-Afrika.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights