9 Oktober 2009

1971 keer gelees | 2 kommentaar

Die Regering beoog om die Onteieningswet weer aan die Parlement voor te lê om die onteiening van plase toe te laat.


Die Regering beoog om die Onteieningswet weer aan die Parlement voor te lê om grondhervorming te vergemaklik deur onteiening van plase toe te laat indien onderhandlings om die grond te bekom onsuksesvol is, luidens ‘n berig van News24.com.

Dié wet is verlede jaar aan die Parlement voorgelê, maar is onttrek nadat opposisiepartye, burgerregtegroepe en landbou-organisasies voorgehou het dat die wet teen die land se Grondwet indruis.

“Die Ministers van Landelike Ontwikkeling en Openbare Werke is besig om besprekings weer te begin sodat die wet vir debat en verhore aan die Parlement voorgelê kan word. Ons het nog nie ‘n skedule vir dié proses nie,” sê mnr. Tozi Gwanya, direkteur-generaal van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.

Gwanya het bygevoeg dat die Regering nie maklik sy doel om 30% van alle landbougrond teen 2014 in swart besit te sien sal vervul nie. Begrotingsbeperkings is een van die grootste redes vir dié stand van sake, sê hy. “Ons sal die datum dalk moet verskuif. Party van ons mik na 2025, maar die kwessie word nog bespreek.”

Volgens Gwanya het die Regering al 5,2 miljoen ha van sowat 24 miljoen ha landbougrond wat vir herverdeling geoormerk is, aan swart eienaars oorhandig.

Bron:
News24.com

9 Oktober 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Giel

2009/10/09 04:09:59 PM

Hoe gemaak as die grond wat alreeds aan die mense verskaf is nie ekonomies ontgin word nie? Die 30% wat dan aan hulle sou gegee word is dan verlore wat voedsel aan betref. Sou dit tred hou met aanwassing of anders gestel sal die 70% wat oor is genoeg voedsel kan voorsien vir die mense van die land? Wat van van droogtes van of natuurrampe wat voorsiening kan benadeel. Ek is bevrees die grondwet is nie veel meer werd as die papier waarop dit geskryf is nie.


Butch

2009/10/09 03:16:09 PM

My voorstel is met respek dat die betrokke organisasies hierbo na verwys, en enige ander relevante organisasie wat hierby betrek kan word, gebruik word om die mees intense vorm van beswaar moontlik teen die beoogde wetgewing aan te teken. Die Regering daag letterlik die grondwetlike regte van elke landsburger uit. 'n Goeie Regering beskerm die regte van sy burgers en minag dit beslis nie. Ook is 'n Grondwet se waardes sekerlik nie iets waaraan ligtelik geraak word nie. Dit beinvloed nie net die regte van huidige burgers nie, maar ook dié van kinders en kleinkinders. As ons nie die binnegoed het om ons eie regte te beskerm nie, kan ons dit gerus vir ons nageslag doen. Ek sou ook dink dis die verantwoordelikheid van die lede van die regering wat so met hierdie stuk wetgewing hardloop, teenoor hulle nageslag.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights