Deur ALANI JANEKE
7 September 2012

1162 keer gelees | 0 kommentaar

Sowat 400 leerders sal na verwagting in Oktober 2012 aan die Nasionale Jeugskou op Clanwilliam deelneem.


Die grootste Jeugskou nog in Suid-Afrika sal na verwagting in Oktober op Clanwilliam in die Wes-Kaap aangebied word.

Die organiseerders verwag dat sowat 400 leerders, die meeste nog, van 1 tot 3 Oktober 2012 by die Landbougimnasium Augsburg aan die nasionale Jeugskou sal deelneem.
 
Luidens ’n verklaring is dit die tweede keer dat die nasionale kampioenskap in die Wes-Kaap aangebied word. Die provinsie het tien jaar gelede die minste deelnemers gehad, maar belangstelling het sedertdien dermate gegroei dat 80 kinders vanjaar die Wes-Kaap gaan verteenwoordig.
 
Sportsoort
Die skou, wat geklassifiseer is as ’n sport waar leerders met diere skou, is ontwikkel om leerders se belangstelling in die landbou te prikkel. Dit bied kinders die geleentheid om met diere te werk en buiten gewone kurrikulêre aktiwiteite aan ’n sportsoort te kan deelneem.

Die gewildheid van die skou het só gegroei dat in die Wes-Kaap alleen sowat 800 leerders jaarliks aan die provinsiale uitdunne deelneem. Uitdunne word in al nege provinsies gehou.
 
“Die skou bestaan uit drie dele, naamlik die was en voorbereiding van diere, algemene kennis oor die dier waarmee geskou word en vertoonkuns. Die kind word beoordeel en nie die dier nie,” lui die verklaring.
 
Klasse en afdelings
Die jaar se skou het benewens die gewone junior en senior klasse ook ’n junior-junior klas. Die organiseerders meen dít gaan vir groot pret sorg. Kinders kan in 15 afdelings deelneem, naamlik perde, vleisbeeste, melkbeeste, wolskape, vleisskape, sybokke, melkbokke, vleisbokke, varke, konyne, pluimvee, sierduiwe, wedvlugduiwe en ook kulinêre kuns en suiwelbereiding.
 
In die afdeling van kulinêre kuns word deelnemers aangemoedig om kreatief te wees met rooibos – wat uniek aan die omgewing is – as een van die bestanddele. Wat suiwelbereiding betref, word ook ’n nuwe uitdaging gestel met deelnemers wat jogurt en amazi van bokmelk moet maak.

Vir meer inligting, kontak Breyton Milford by 082 708 5939 of e-pos breyton@agriexpo.co.za

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights