14 September 2012

642 keer gelees | 0 kommentaar

Twee landbou-organisasies het besluit om saam te span in ’n poging om nuwe boere op ’n kommersiële grondslag te vestig.


’n Gees van optimisme het vanjaar op die United South African Agricultural Association (USAAA) se gala-geleentheid by die Agri Megaweek by Bredasdorp geheers. Dít het gevolg ná die USAAA en die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) aangekondig het dat dié twee organisasies vanaf 1 Oktober vanjaar af onder een sambreel gaan saamwerk.
 
Dié ooreenkoms fokus daarop om nuwe boere doelgerig op ’n kommersiële grondslag te vestig.
 
Mnr. Ralph Swart, ‘n skaap-, bees- en graanboer van Elim, is by die geleentheid as die USAAA se Kommersiële Boer van die Jaar vir 2012 aangewys. Ralph is die afgelope twee jaar lid van die organisasie en hy sy vrou, Trulene, en hulle seuns, Lian en Jacques, is reeds ’n paar jaar aktief in kommersiële boerdery betrokke.
 
Ander toekennings
Mnr. Tommy Langford, ’n kleinboer van Mamre, is by dieselfde geleentheid aangewys as die USAAA se Kleinboer van die Jaar. Langford is ’n vark- en blomboer, wat fokus op die kweek en bemarking van dahlias en snyblomme. Hy het onder mentorskap al ’n paar varkvoer-formules ontwikkel.

“Volgens die USAAA is hy inspirerend en moes hy al verskeie kere ná terugslae opstaan en bykans van vooraf begin,” lui ’n verklaring.
 
Mnr. Heinrich Dowry is as die USAAA se Jongboer van die Jaar bekroon.Volgens Dowry, wat ’n suksesvolle olyfboer is, leef hy al vandat hy 12 jaar oud is op ’n plaas, en sê hy is ’n boer “in murg en been.”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights