18 September 2009

2193 keer gelees | 0 kommentaar

Vanjaar se Plaaswerker van die Jaar in die Overberg is mnr. Colin Jonkers van Hamilton Russel-wingerde by Hermanus.


Die beste plaaswerker in die Overberg is vandeesweek in dié omgewing se Plaaswerker van die Jaar-kompetisie aangewys. Die wenner, mnr. Colin Jonkers van Hamilton Wussel-wingerde by Hermanus, het ook in die junior bestuurskategorie skoonskip gemaak.

Jonkers is onder meer vernatwoordelik vir die onderhoud van wingerde en die bestuur van wingerdverwante take en werk vir vier jaar op die plaas. Hy was ook genomineer om opleiding rakende die wingerdbedryf in Frankryk te ontvang.

Dié kompetisie, wat deur Sanlam en die Wes-Kaapse departement van landbou aangebied word, het vanjaar sowat dubbel die inskrywings as vorige jare gelok.

Die kategoriewenners is:
Algemene werker: Adam Moses, Boontjieskraal-landgoed, Caledon.
Spesialiswerker: Mercia Miggels, Buffeljagsrivier.
Administratiewe personeel: Berene Sauls, Hamilton Russel-wingerde, Hermanus.
Tegniese operateur: Dennis Ribbok, Zuiderkruis-plaas, Hermanus.
Trekkerdrywer: Petrus (Toy) Bruintjies, Langhoogte-plase, Caledon.
Juniorbestuur: Colin Jonkers, Hamilton Russel-wingerde, Hermanus.
Middelbestuur: France Xinela, Klein-Soutrivier, Napier.

18 September 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights