Van die Regering word verwag om plaasaanvalle te veroordeel, sê Agri SA ná sy landelike misdaadkonferensie in Centurion.
In ‘n nuusverklaring sê mnr André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee dat die Minister van Polisie mnr. Nathi Mthtethwa, die erns van die voortslepende voorvalle van geweld en moorde teen die landelike gemeenskap, veral die boerderygemeenskap, uitgelig en veroordeel het. Die minister was ‘n genooide spreker op die konferensie.
Mthtethwa het gesê dat die polisie saam met alle belanghebbendes ‘n omvattende strategie moet ontwikkel om landelike veiligheid te verseker. Voorts het hy ook erkenning gegee dat die boerderygemeenskap ‘n belangrike bate vir die land en vir voedselsekerheid is.
Agri SA sê die hoë voorkoms van geweld en ‘n gebrek aan respek vir lewe en private eiendom in Suid-Afrika is ‘n vraagstuk wat negatief inwerk op gemeenskapsveiligheid, stabiliteit, vertroue en ontwikkeling. Dié probleem manifisteer homself in misdaad met ‘n hoë voorkoms van brutaliteit en trauma waarvan die motiewe dikwels bevraagteken word.
Die voorkoms van plaasaanvalle en algemene misdadigheid is slegs enkele van die bedreigings wat ‘n nadelige effek op individuele veiligheid en die produksievermoë van die Suid-Afrikaanse landbou het. Die boeregemeenskap se reg tot veiligheid, is een van die belangrikste regte van die land se demokratiese bestel, wat deur misdaad aangetas word.
Die konferensie se besluite is:
* Die sinnelose vlaag moorde, brutaliteit en algemene misdadigheid wat die veiligheid en produksievermoë van die landbougemeenskap bedreig, word veroordeel. Agri SA verwag van die Regering om met sy handelinge en uitsprake tot op die hoogste vlak hierdie verskynsel, veral soos dit die landbou raak, te veroordeel.
* Die oorsake van aanvalle en ander misdade gerig op die boerderygemeenskap is kompleks en bestaan uit vele fasette waarvan die minste is, die kwesbaarheid van die boerderygemeenskap. Agri SA verwag van die Regering om ‘n geïntegreerde misdaadvoorkoming- en bestuursplan te implementeer wat alle staatsdepartemente insluit, waardeur misdaadbekamping effektief op ‘n gekoördineerde wyse op alle regeringsvlakke bestuur kan word. Dit sluit ‘n stroombelynde kriminele strafregstelsel in.
* Die polisie en die Regering het die verantwoordelikheid in terme van die Grondwet om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek, die openbare orde te handhaaf, die inwoners van die Republiek en hulle eiendom te beskerm en te beveilig, en die reg te handhaaf en toe te pas. ‘n Toereikend opgeleide, bekwame, nie rassistiese en verantwoordelike polisiemag moet tot stand gebring word om sonder vooroordele hieraan uitvoering te gee. Doelgerige optrede is nodig om korrupte elemente in die polisiemag uit te skakel en ‘n bevredigende vlak van dienslewering te handhaaf.
* Uitsprake met sterk rassistiese ondertone wat geweld of haat teen die kommersiële landbou aanmoedig, kan ‘n klimaat skep wat bevorderlik is vir vergelding, gemik teen die boerderygemeenskap en hou ‘n veiligheidsbedryging in. Agri SA sal die nodige stappe neem teen diegene wat hulle skuldig maak daaraan.
* Om aanvalle en misdadigheid op die boerderygemeenskap aan bande te lê is doeltreffende wetstoepassing van onmiddellike belang. Agri SA aanvaar die Landelike Beveiligingstrategie, ondersteun deur die beleid vir sektorpolisiëring en reserviste as toereikende beleid en strategië om landelike misdaad te bekamp.
* Agri SA verwag van die polisiemag om toe te sien dat stasiebevelvoerders die Landelike Beveiligingstrategie en beleid konsekwent toepas en uitvoer soos wat van hulle vereis word.
* Die bedeling vir reserviste moet dit vir gewilliges in die boerderygemeenskap moontlik maak om in ‘n groter mate binne sy eie sektor as wat tans die geval is, by die polisiemag in te skakel. Alle legitieme inisiatiewe deur die boerderygemeenskap wat daarop gerig is om hulle te beskerm, moet geïnkorporeer word binne beleid.
* Private inisiatiewe deur die boerderygemeenskap, binne die wettige raamwerk, en in samewerking met die polisiemag, word erken.
* Veediefstal het ‘n ongunstige uitwerking op die winsgewendheid van kommersiële veeboere en veral so ook op opkomende boere wat tydens ‘n voorval hulle totale kudde kan verloor. Dit het ‘n negatiewe effek op die suksesvolle afhandeling van die grondhervormingsproses en om opkomende boere te bemagtig. Ondersteuning aan opkomende boere met die merk van hulle vee deur die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery moet oorweeg word.
* Waardering bestaan vir die behoud van die spesialis-veediefstaleenhede wat nie gesluit is nie. Mobiele reaksie-eenhede moet deur die polisiemag daar gestel word om vinnig operasies te loods. Swaarder strawwe deur wetgewing moet geïmplementeer word en die proses van borg en parool vir veediewe moet strenger toegepas word.
* Van die Regering word verwag dat die uitroei van korrupsie prioriteit aandag geniet en mense wat daaraan skuldig bevind word, se dienste moet beëindig word.
* Die polisiemag moet voortgaan om rekord te hou van alle misdaadinsidente wat in boerderygebiede plaasvind, dit ontleed om neigings te bepaal en dié inligting kwartaalliks beskikbaar stel.
* Die streng en konsekwente handhawing van die integriteit van Suid-Afrika se grenslyne is van belang, vir handel, siektebeheer, veiligheid, misdaadbekamping, onwettige instroming asook vir die noodsaak daarvan dat grondeienaars se gebruiksreg van eiendom behoorlik beskerm moet word teen oorgrens inmenging en misdaad.
* Om onwettige betreding op plase te voorkom en te verhoed sal die plaasprotokol voortaan strenger deur die boerderygemeenskap toegepas moet word as ‘n verdere maatreël om die gemeenskap te beskerm teen misdaad en ongeoorloofde betreding van privaat eiendom.
8 Maart 2010
Kommentaar
Agri SA sal moet verstaan dat daar 'n redelike ultimatum aan die regering gestel sal moet word om hierdie vorm van "misdaad" daadwerklik aan te spreek, by versuim waarvan Agri SA die regering na die Grondwetlike Hof moet sleep en 'n hofbevel teen die regering moet bekom om hierdie verpligting na te kom, anders bly die konferensies slegs 'n geklets. Hierdie regering luister net as hy gedwing word. Hy is totaal apaties teenoor hierdie plaasmoorde.
Mens moet die emosies maar eenkant laat.
Dan sal mens "raaklees".
Die gedrag van Malema is haatspraak.
Hy behoort aan die ANC maar hy is nie deel van die politieke proses nie.
Daar is ook geen bewys dat die gedrag van hom deel uitmaak van die ANC in geheel se agenda nie.
Maar weereens is ons hier besig om lekker te gesels oor wat ons dink wat die oorsaak is van die probleem pleks daarvan dat ons die probleem probeer oplos.
Of die boere nou oor politiese of oor ander redes vermoor word maak nie saak nie.
Dis verkeerd en moet STOP.
Julius Malema Dinsdag by 'n studentevergadering,"Kill the Boer,Kill the Farmer". Enige onduidelikheid oor sy bedoelinge mr Cele,Mthethwa en ander blanke statesie wat reken plaasmoorde is gewone moorde, en nie Volksmoord nie???!!!
Al hierdie besluit is mooi.
Maar wat gaan Agri doen om te verseker dat iets hieraan gedoen word ?
Ek is seker dat die regering stem saam dat al die aspekte probleme is en ek is seker hulle gaan 'n persverklaring uitreik wat daarmee saamstem.
Mense dit is dieselfde probleme waaroor ons nou al vir hoeveel jaar kla en nogsteeds is daar niks daaraan gedoen nie. Wat het die konferensie nou eintlik bereik ?
Verder stem ek saam met die regering dat plaasmoorde nie polities van aard is nie. Wit mense in stede word ook verkrag en vermoor. Die probleem is dat ons wil nie aanvaar dat die witman en die swartman nie dieselfde is nie(lw ek praat nie van gelyk nie) Die witman pleeg op die westerse manier moord - gebruik gif en wapens. Die swartman doen dit op die afrika manier - so moordadig moontlik. Hoe aangenaam is dit bv vir 'n bees as sy senings afgekap word en sy boude lewendig van hom afgesny word ?
Ons het hier te doene met barbare en ons moet dit besef. Solank ons 'n politieke ding van die moorde wil maak gaan die regering met ons stry en gaan daar nooit begin word om die probleem aan te spreek nie.
Miskien moet ons maar self 'n plan uitwerk oor hoe die situasie opgelos moet word en dit aan die regering voorle met eise wat daarmee saamgaan.....
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)