Die TLU SA sê hy is bekommerd dat boere na die Wêreldbeker-sokkertoernooi moontlik aan misdadigers uitgelewer gaan wees. Dít volg na ‘n boer van Mokopane en sy familie die afgelope week na bewering deur agt swaar bewapende mans in polisie-uniforms aangeval en met skokstokke geskok is.
Luidens ‘n berig in Beeld het die groep Dinsdagaand op die plaas Doelen aangekom en gesê hulle is van die Gautengse Polisie en ondersoek onwettige vuurwapens. Hulle het glo vinnig ‘n stuk papier en kaartjies aan die 63-jarige mnr. Okkie Malherbe, eienaar van die plaas, gewys nadat hy vir identifikasie gevra het.
Ná Malherbe vir hulle gesê het hy gaan eers die Mokopane-polisiekantoor bel, het die groep klapmusse opgesit en hom, sy 53-jarige vrou, Emmerentia, sy 34-jarge seun, WD, sy dogter Zia en 5-jarige kleindogter, Kaycee, aangehou.
Deurentyd geskok
Malherbe is glo na die onderneming wat van die plaas af bedryf word geneem waar die groep R120 000 uit die kluis gesteel het. Die volwassenes is glo deurentyd met skokstokke geskok. Plastieksakke is ook oor Malherbe en sy vrou se koppe getrek en hulle is gewurg.
Die aanvallers het op die vlug geslaan nadat werknemers wat naby die Malherbes woon ‘n alarm geaktiveer het.
'Boere gaan uitgelewer wees'
Mnr. Ben Marais, voorsitter van die TLU SA, sê hy vermoed dat sommige polisielede by plaasaanvalle betrokke is en meen dat boere uitgelewer gaan wees aan misdadigers nadat die Wêreldbeker-sokkertoernooi afgehandel is. “Ons is bitter bekommerd dat veiligheid dan gaan verslap en die krane dan op die boere oopgedraai gaan word”.
Wat die aanval op die Malherbes betref het hy boere aangeraai om baie paraat te wees en nie maklik hulle deure vir vreemdes oop te sluit nie. “Dit sal interessant wees om te weet of dié skokstokke net aan polisielede beskikbaar gestel word en of mens dit oor ‘n winkeltoonbank kan aankoop”.
Hy meen van die politieke uitsprake wat tans gemaak word vuur aanvalle aan. “Uitsprake wat Tokyo Sexwale en Cosatu onlangs gemaak het, skep ‘n teelaarde vir plaasaanvalle!”
Beeld berig ook dat mnr. Tokyo Sexwale, Minister van Huisvesting, gister gesê het dat dit die boere se skuld is dat baie mense hulle in plakkerskampe bevind aangesien hulle van plase afgejaag is.
Polisie ondersoek die saak
Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n spesiale taakspan is aangestel om na die groep aanvallers te soek. Landbou.com kon senior supt, Vish Naidoo, woordvoerder vir mnr. Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, nie vir kommentaar oor die voorval bereik nie.
Bron:
Beeld
Beeld (artikel 2)
29 Januarie 2010
Kommentaar
Jy kan die skok stokke op straat koop in boksburg
ek dink die tyd het aangebreek dat as ons mense opplase en plotte nie kuiergaste verwag nie, moet ons eers skiet en dan vrae vra. Ons is besig om te"VREK VAN ORDENTLIKDEID" vanwee ons "CHRISTELIKDEID". Ons blankes wat net soveel bestaansreg het in die NUWE SUID AFRIKA, leef agter tralies in ons huise, terwyl die SKELMS los rondloop buitekant.
Teen die tyd moet boere nou al weet dat daar nie onbeheerde toegang tot hul eiendom behoort te wees nie en afhangende van die risiko, behoort hul wapens aan hul sy te dra.
Boere,bewapen julself en in die geval dat jy aangeval word, skiet om dood te skiet, onthou, n dooie aanvaller kan nie teen jou getuig in die howe nie.4kleur groete.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)