Dwelms ‘speel rol by plaasaanvalle’

 
Plaasmoorde. Foto: VERSKAF
Plaasmoorde. Foto: VERSKAF

“Om ‘n misdaad te pleeg het jy moed nodig, en baie aanvallers gebruik dwelms om daai moed te kry”. Dit is die mening van mnr. Lukas Swart, die skrywer van die boek, Oorwin Plaasaanvalle, oor hoekom sommige plaasmoorde en -aanvalle so brutaal is.

In twee onlangse plaasmoorde in die Vrystaat is die slagoffers wreed vermoor. Mnr. Koos van Zyl, en sy vrou, Rita, van die plaas Poortjie tussen Senekal en Steynsrus, is drie weke gelede vermoor. Van Zyl is doodgeskiet, en sy vrou is verskeie kere met ‘n skerp voorwerp - vermoedelik ‘n vleishak - gesteek en geskiet.

Die afgelope naweek is ‘n boer van Ficksburg, mnr. Ernest Giefeke,  van die plaas Goodhope dood nadat hy met ‘n klip teen sy kop gekap en sy keel met ‘n mes gesny is.

Verskillende mengsels
Volgens Swart het baie aanvallers voorheen ‘n mengsel van dagga en mandrax gerook sodat hulle genoeg moed sou hê om hul slagoffers aan te val. Hy sê die Chinese Mafia het die afgelope tyd egter groot hoeveelhede opium die land ingebring, en misdadigers gebruik deesdae eerder ‘n mengsel van dagga en opium.

Swart sê mense wat ‘n mengsel van dagga en mandrax gebruik, kan tot ‘n mate nog deur hulle slagoffers afgeskrik word. Die mengsel van dagga en opium het egter ‘n sterker invloed op die gebruiker, wat dan glad nie afgeskrik word nie. Dit lei dikwels tot wreder aanvalle.

Swart sê volgens statistieke word slegs 4% van aanvalle veroorsaak deur haat vir die slagoffer. “Meeste van die aanvallers sien dit net as ‘n saketransaksie, en sommige gebruik rassistiese aanmerkings om die slagoffers bang te maak. Hy sê 17% van aanvalle loop op ‘n moord uit omdat dit verkeerd gehanteer word, en 88% van aanvalle word beplan deur mense wat naby aan die slagoffers is.”

Hoe om op te tree tydens ‘n aanval
“Moenie dat jou aanvaller enigsins vrees by jou opmerk nie, bly kalm en rustig”. Swart sê baie boere tree tydens ‘n plaasaanval op een van drie maniere op: Van hulle neem ‘n houding in dat hulle jammer is dat hulle blankes is, en dit gee die aanvaller ‘n gevoel van mag. Sommige laat die aanvaller verstaan dat hulle jammer is dat hulle in die land is, en dit lei ook tot ‘n gevoel van mag. ‘n Derde groep, veral vroue, skrik en skree uit vrees op die aanvallers, totdat die aanvallers breekpunt bereik en beheer verloor.

Hy raai boere aan om twee goed te onthou tydens ‘n aanval. “Moenie eerste ‘n wapen rig nie: Sodra hulle sien jy het ‘n wapen, gaan hulle op jou skiet sonder om vrae te vra. Bly koel en kalm, jy weet mos waarvoor hulle daar is. Wys alle items waarna hulle soek vir hulle uit. As die gemeenskap gemoboliseer is, kan jy jou besittings selfs binne ses ure terug hê”.

Is buitelanders betrokke?
Volgens Swart is buitelanders nie baie by sulke aanvalle betrokke nie. Hy sê in die Brits-area is daar ‘n redelike betrokkenheid van buitelanders, maar dis ‘n klein persentasie.

Swart raai alle boere aan om deel te word van enige gemeenskapstruktuur vir veiligheid in hul omgewing. Hy sê sodoende kan die gemeenskap tydens ‘n aanval gemobiliseer word en die verdagtes word vinniger vasgesterk, of ‘n aanval kan voorkom word. Hy het ook al twee maatskappye gestig waarvan boere kan deel word. Hulle is: Swartland Intelligence Support Services en Afrika Kriminele en Sosiale Kode Analiste.

Swart sê tans kom die meeste plaasaanvalle in die distrikte van Kameeldrift, Cullinan, Bronkhorstspruit en Babsfontein voor. Hy meen plaasaanvalle het sedert 2000 afgeneem, want volgens sy statistieke het daar toe ses aanvalle per dag plaasgevind.

Mnr. André Botha, die voorsitter van AgriSA se veiligheidskomitee, het onlangs aan Landbou.com gesê volgens hulle statistieke vind daar tans twee plaasinsidente per dag en twee plaasmoorde per week plaas.

Lees ook:
Plaasaanvalle (1): Regte boodskap skrik skurke af

Boere te galate, onbetrokke

26 Januarie 2010

4.666665
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

wat my pla is, hoekom kan 'n koerant nie 'n blad afstaan
vir misdaad artikels alleen nie. dit sal baie meer aandag
trek, en alle plaasmoorde moet gepubliseer word. dit word
weggesteek, asook baie gruwelike moorde wat in dorpe en stede
gebeur. ouens, ons sal iets moet begin doen, en ophou briefies skryf en gis oor alles!!! hoeveel mense moet nog vermoor word voordat iemand gaan besef dat ons lankal in 'n oorlog gewikkeld is!!! ons moet saamstaan en die wapen opneem!! hou op om julle te laat ontwapen!! te veel moeite om jou lisensie te kry. ja, tipies!!! gee dit vir hulle.

maar bo hierdie stryd waarin elke mens elke dag gewikkel is, bly ons op ons kniee en glo ek onwrikbaar dat ons Hemelse Vader tot ons redding sal kom.

Waar kan ek Lukas Swart se telefoon no. kry. of hoe kan ek
die boek 'oorwin plaasaanvalle' koop?

Louis van Heerden 

Die adders moet net weet die wiel draai en die dag is naby. Hulle en hul onkundige wetenlose gadagtes en barbaarlike optrede is nie ongesiends nie. Staan op suid afrika los jou weelde agter en staan op en veg!!!!!!!!!!

Onbekende besoeker 

dit is argumente op argumente, maar een ding is seker, Jan moet n woordeboek langs hom he, (wanneer daar getik word)

Jan Hardehout 

Kry eers daai boek ....terwyl jy daar mee besig is onthou dat die skrywer (lukas swartz)
in 1999 tot "generaal" bevorder is deur die "huidige regeime"...Soos die oubaas gese het...Jy maak nou twee foute in die eerste plek oorskat jy jou intelligensie ,in die tweede plek onderskat jy die res van ons !

Wat de ... 

Wat 'n klomp drek stories! Hoe lank nog gaan ons moet luiter na allerhande "slim" mense oor hoekom plaasmoorde gepleeg word!!!! Die redes is slegs BARBAARSHEID, GEWETENLOOSHEID, SATAN BESETENHEID, POLITIES GEMOTIVEERD! Stop, Punt. Einde van die storie!

Onbekende besoeker 

Jan dink so bietjie. JY praat gou van veg. Onthou jy nie die ou militêre reël nie. Jy veg nie as jy nie die verrassingselement het nie. Dit het toe gegeld en dit geld vandag steeds.

Hoeveel mense wat vermoor is, was nie net gereed om te veg nie. Hulle was ook voorbereid om te veg en is steeds vermoor. Omdat hulle so graag wou, het hulle nooit die geleentheid gekry nie.

Het jy geweet dat jy 'n kwaai hond kan manipuleer ? Honde kan jou waarsku nie verdedig nie. Barbare is hulle wel maar dit beteken nie dat jou wit vel gesog is nie. As jou wit vel so gesog was, waarom word daar jaarliks meer as 10 duisend swartmense teenoor dertig of veertig witmense vermoor?

Om emosioneel oor die saak te raak, maak dat jy nie nugter kan dink nie. Mense wat nie nugter kan dink nie, land of vroeg in die graf of in die tronk. Aanvalle is erg maar dit is al baie beter as wat dit was. Ons kan dit bestuur en dit is al oor en oor bewys. Wanneer jy aangeval word is dit nie jou krag wat die verskil maak nie maar jou kop en logika. Of jy nou wit swart, bruin of geel is. Almal is in dieselfde bootjie. Sonder logika en die kennis van jou opponent , sodat jy hom kan flous nie, het jy nie veel van ‘n kans nie. Kry eers daai boek en leer jou vyand ken.

Jan Hardehout 

WAT ONS ALMAL WIT,SWART IN DIE GESIG STAAR IS BAIE, BAIE ERINSTIG omdat ons n kortsigtige regering nou in SA het wat Dogmatisie "regsteling" wil doen sonder om die absullite waardes van eiendoms reg ,of n veilige staat vir al sy mense te waarborg .Die geld wat die vrye wereld hier wou bele voor die wereld krediet resesie het opgedroog ,en belangriker... is beter belebaar in lande waar wet en orde tot n sekere maate gehandhaaf word.As n popilere verset (HOEF NIE GEWELDADIG TE WEES NIE) nie baie vinnig in Suid Afrika plaas vind nie, sal die hele land met tyd in anergie verval EN IN DIE VOLGENDE TIEN JAAR IN TOETALE HEL VERANDER.
AS ONS N BUITELANDER WAT "ONPARTYDIG" IS KAN AANSTEL OM ONS SOKKER SPAN AFTERIG .HOEKOM DAN NIE N BUITELANDSE ONPARTYDIGE
POLISIE KOMISARIS NIE (TEEN N FRAKSIE VAN DIE SOKKER AFRIGTER SE KOSTE)HET DIE NASIONALE SPORT DAN NOU BELANGRIKER GEWORD AS DIE NATIONALE EKOMIE!!DIE HUIDIGE KOMMISARIS WAS BETROKKE BY DIE MARTELING VAN SY EIE MENSE SAAN MET CHRIS HANI IN ANGOLA.....NOU VERWAG DAAR SEKERE MENSE DAT HIERDIE OU ONPARTYDIG DIE HOOGSTE POS IN LANDS VEILIGHEID BEKLEE? Dit wil wir my voorkom asof dit nie net plaasaanvallers is wat snaakse twak rook nie.... , as jy geloof in hierdie huidige bedeling het!!

Jan Hardehout 

Asseblief, ek kan dit nie glo nie...Ons het hier te doen met moordenaars wat geen respek het vir niks , die naaste beskrywing is demoone reguit uit die hel in menselike vorm. Meer as 70% van die gedrogte is HIV positief ...jy kan die gemors nie eers met die doodstraf dryg nie want hyt klaar n doodsvonnis.Die geweldadige brutaliteid is nie losmaakbaar met baie van hierdie walge se agtergrond nie... Die feit wat baie liberaliste nie in die oe wil kyk nie is dat die huidige regeering nie al die geregtelike opsies tot hulle beskiking gebruik nie OMDAT DIE ONTVOLKING/ONTEIENING VAN DIE PLATTELAND IN HULLE OOMERKE IS...dis tog verklaarde beleit!!!! Ignoreer dit as julle wil, dit sal nie die waarheid daarvan verander nie.Lucas is reg oor die delm rookery die selfde ding is op ander plekke in afrika ook aan die gang www.vbs.tv/watch/the-vice-guide-to.../the-vice-guide-to-liberia-1-of-8 MAAR HY IS DRASTIES VERKEERD WANNEER DIT BY U OPTREEDE TYDENS SO N AANVAL KOM...HOU KWAAI HONDE AAN EN SORG DAT TEN MINSTE EEN N SNOET HARNAS DRAE SODAT DIE NIE VERGIFTIG KAN WORD NIE .WAARSKU U WERKERS EN BURE DAT ONGEMAGTIGTE BETREEDING VAN U PERSEEL/WERF MET ONMIDDELIKE DOELGERIGTE DOODELIKE REAKSIE GEPAART SAL GAAN !Moenie probeer aanneemlik wees nie ,iemand wat by kwaai honde verby kom of by goed vermelde veiligheids maatreels is DAAR NAMES SATAN...BEGROET HOM SO !!!!BLY KALM,BLY KALM...GA HA AH, IKONA... VEG VEG VEG VEG VEG VEG !!!!!!!!!!

Onbekende besoeker 

ek stel voor die rubriek word in engels vertaal en so ook elke ander berig rondom plaas moorde sodat dit die wereld ingestuur kan word voor die wereldbeker.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.