Geweld skok Namibiese boere

 
Sononder in Namibië. Foto: NIC DE BRUINE
Sononder in Namibië. Foto: NIC DE BRUINE

Die brutale geweld waarmee plaasaanvalle en veediefstal in Namibië die afgelope tyd opgevlam het, laat boere woedend en verslae. Die geweld word terselfdertyd gesien as ’n ernstige struikelblok in die bereiking van die oogmerke van die visie vir 2030 wat vir dié land se ontwikkeling gestel is.

Die tema van die kongres van die Namibiese Landbou-unie (NLU)  in Windhoek is ’n Welvarende Landelike Ekonomie vir Vrede en Bestendigheid. Teen dié agtergrond het boere skokkende prente geskilder van die geweld wat in die jongste tyd teen mens en dier gepleeg word. Minstens vier boere is vanjaar al vermoor.

Verskeie is aangeval en ernstig beseer. Wat vir baie boere ontstellend is, is dat staatsmotors, staatsamptenare en selfs polisiemanne skynbaar by van die voorvalle betrokke is. Vir die NLU is dit ’n groot bron van kommer en dit lyk asof die strawwe vir dié misdade nie swaar genoeg is om moorde te ontmoedig nie. Die aanvalle maak inbreuk op die grondwetlike regte van die land se burgers.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 16 Oktober 2009.

14 Oktober 2009

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.