Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Plaasveiligheid / Kommando-planne-pla-steeds

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kommando-planne pla steeds

 
Nico van Burick

Sedert pres. Thabo Mbeki se skok-aankondiging op 14 Februarie vanjaar oor die ontbinding van die kommando's was daar baie vrae, kwellings en besware. Ondanks versekerings dat veiligheid nie in die gedrang sal kom nie, het die georganiseerde landbou, politieke partye en selfs weermaglede steeds bedenkinge oor dié planne.

Twyfel oor die SA Polisiediens se vermoë om die kommando's se rol oor te neem, twyfel oor kommandolede se bereidwilligheid om as polisiereserviste aan te sluit en 'n gebrek aan wedersydse raadpleging oor die hele proses is van die kwessies wat belanghebbendes die meeste kwel oor die uitfasering van die kommando's.

Volgens die Regering se plan moet die sowat 45 000 kommandolede oor ses jaar met 50 000 polisiereserviste vervang word. Die polisie se plan vir die vervanging van kommando's sluit sektorpolisiëring, gebiedsgebonde eenhede vir misdaadbestryding, meer personeel en beter benutting van reserviste in.

Van die agt belangegroepe wat onlangs 'n seminaar van die Instituut vir Veiligheidstudies (IVS) oor die vervanging van die kommando-stelsel bygewoon het, was net die National African Farmers' Union (Nafu) sonder voorbehoud ten gunste van die proses.

Mnr. Henri Boshoff, militêre analis van die IVS, het gesê die polisie is nie in staat om misdaad alleen te bestry nie. Terselfdertyd kan die weermag nie onbepaald in sy huidige gedaante voortgaan om die polisie te help nie. Volgens hom help 2 350 lede van die weermag daagliks die polisie in gesamentlike operasies en misdaadbestryding.

Hy stel voor dat ander lande se voorbeeld gevolg word en 'n "derde mag" in die vorm van 'n paramilitêre polisiemag onder die bevel van die Departement van Verdediging op die been gebring word. Dit kom voor in die meeste ontwikkelde en ontwikkelende lande.

Só 'n paramilitêre mag behoort verantwoordelik te wees vir onder meer die handhawing van openbare orde, vir grenspolisiëring, hulp met rampbestuur, optrede teen terreur en vir gemeenskapspolisiëring in landelike gebiede. Lede moet vir hul take opgelei word en kommandolede kan in dié mag opgeneem word.

Die voorstel vir 'n paramilitêre mag word deur verskeie politieke partye en ook deur Agri SA gesteun. Mnr. Marais Kluge van Agri SA se veiligheidskomitee sê die kommandostelsel is buigsaam en betroubaar. Ongelukkig kleef daar verkeerdelik 'n stigma van politieke en rasse-vooroordeel aan die stelsel.

Hy sê indien dit vervang word, moet dit met 'n doeltreffende stelsel wees. "Agri SA stel voor dat dit omskep word in 'n nasionale mag met 'n eie mandaat, en genoeg geld en hulpmiddele.

"Die take van só 'n mag sal die insameling van inligting, misdaadbestryding, rampbestuur en die beskerming van sleutelpunte insluit." Dit moet ook bestaan uit "lede binne 'n gemeenskap vir 'n gemeenskap".

Mnr. Johny Schippers van die Nuwe Nasionale Party (NNP) het 'n soortgelyke konstabel-mag voorgestel wat in vredestyd gemeenskappe kan beskerm en ondersteun. In tye van oorlog of noodtoestande kan dit gedeeltelik in die Weermag opgeneem word vir binnelandse beveiliging, die beskerming van sleutelpunte en grensbeheer.

Konstabelmag

Só 'n konstabelmag moet uit heeltydse en deeltydse lede bestaan en ook as 'n agentskap van die Departement van Verdediging dien.

Die Demokratiese Alliansie (DA) sê die moontlikheid om die kommando's in 'n konstabelmag te omskep, moet eers deeglik ondersoek en gedebatteer word.

As die uitfasering van die kommando's onvermydelik is, moet 'n spesiale landelike beveiligingsafdeling binne die Departement van Veiligheid en Sekuriteit geskep word. Kommandolede moet dan binne die magstruktuur van die Weermag aanbly sonder dat hulle met polisietake bemoei word.

Die DA vra steeds wat die werklike redes vir die ontbinding van die kommando's is; wie dit gaan oorneem en beheer; waar die geld vir opleiding en ander uitgawes vandaan gaan kom en wat die opdrag en take van dié nuwe mag gaan wees.

Die Vryheidsfront (VF) vra dat die President sy besluit moet heroorweeg en dat die kommandostelsel behou moet word. Die ondersteuning en finansiering van die kommando's moet verhoog word en die weermag moet vir die landelike beveiligingsplan verantwoordelik wees.

Brig.genl. John Del Monte van die Reserwemagraad sê hulle is bekommerd oor die gebrek aan kommunikasie en deursigtigheid ten opsigte van die hele kwessie. Hulle is ook onseker oor 'n nuwe struktuur vir landelike en huis-en-haardbeskerming in die toekoms, die klaarblyklike huiwering van kommandolede om as polisiereserviste aan te sluit, die kwessie van betaling wanneer lede aan diens is en die gebiedsgebonde aanwending van lede.

Hy glo 'n nuwe stelsel moet so gou moontlik aandag geniet en binne minder as ses jaar in werking gestel word om onsekerheid oor die toekoms uit die weg te ruim en die kwellinge van kommandolede te ondersoek.

Genl.maj. Chris van Zyl, bestuurder landelike veiligheid by TLU SA, sê sedert die aankondiging van die ontbinding is daar 'n gebrek aan belangstelling onder kommandolede. Die TLU SA het nog altyd die kommando's onvoorwaardelik gesteun en is nie ten gunste van die uitfasering daarvan nie.

Hy het voorgestel dat landelike gemeenskappe, plaasbewoners en die georganiseerde landbou by die proses van verandering betrek moet word. Dit is ook wenslik dat die oorskakeling glad verloop, die polisie meer hulpbronne vir landelike beveiliging ontvang en plaasbewoners belastingtoegewings vir veiligheidsmaatreêls ontvang.

Nafu steun die ontbinding van die kommando's ten volle. Mnr. Motsepe Matlala, ondervoorsitter van Nafu, sê hy glo die rigting wat die polisie ingeslaan het, sal, ondanks struikelblokke langs die pad, verseker dat 'n doeltreffende vermoê gevestig word om misdaad hok te slaan.

Mnr. Len Roux, hoof van die verdedigingsafdeling by die IVS, het gesê die hoofdoel van die kommando's is in die eerste plek om landsgrense en die binneland teen vyandige aanvalle te beskerm. Slegs in vredestyd word hulle aangewend vir onder meer die handhawing van orde en reg. "Oor wie hul hooftaak gaan oorneem, het niemand nog 'n woord gerep nie."

Genl.maj. Carlo Gagiano, hoofdirekteur van operasionele ontwikkeling van die weermag, het daarop gewys dat daar geen bedreiging teen die land is nie en dat daar dus geen behoefte aan binnelandse beskerming is nie.

Te midde van die meningsverskille was daar eensgesindheid oor enkele aspekte. Daar is algemene kommer oor die wyse waarop die Regering die kwessie tot dusver gehanteer het. Almal beskou dit ook as noodsaaklik dat minstens die Reserwemagraad, die kommando's self en die georganiseerde landbou by die proses betrek moet word.

14 November 2003

0
 
 
  • 1489 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • RSS-voere
  • Boerepatente en skaap-hanteringsgeriewe
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction