Mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, vergader vandag met die Food and Allied Workers’ Union (Fawu), om veiligheidskwessies wat plaaswerkers raak, te bespreek.
Volgens mnr. Zweli Mnisi, woordvoerder vir die Minister, volg dié vergadering op die samesprekings wat die Minister vroeër vandeesweek met die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) gehad het.
“Na al die aantygings wat gemaak word oor boere wat plaaswerkers mishandel wil die Minister hom ten volle oor al die betrokke kwessies vergewis sodat ‘n omvattende landelike beveiligingstrategie uitgewerk kan word,” vertel Mnisi.
Lees ook:
'Vat hande teen plaasaanvalle'
Plaaswerker skiet op boervrou
Intussen berig News24.com dat ‘n plaaswerker Woensdag aangekeer is nadat hy glo op ‘n boervrou van Reddersburg geskiet het. Luidens die berig het me. Heilie Labuschagne, wat op pad Bloemfontein toe was, iets in haar huis vergeet en haar handsak en bakkiesleutels in haar bakkie gelos om dit te gaan haal.
Die 18-jarige werker het die 38-jarige Labuschagne met haar eie vuurwapen, wat hy glo uit haar handsak gesteel het, in haar huis ingedwing toe sy op pad uit was. Lt.-kol. Thandi Mbambo sê die man het na bewering op die vrou probeer skiet, maar die geweer wou nie afvuur nie.
‘n Ander plaaswerker het tot Labuschange se redding gekom, en die man het ook op hom geskiet. Die werker is nie raakgeskiet nie. Die aanvaller het in Labuschagne se bakkie gevlug, maar is later aangekeer.
Werker kwaad
Die werker, wat glo vier maande op die plaas gewerk het, was na bewering kwaad vir die vrou omdat sy hom vroeër die dag aangespreek het omdat hy op die werf rondgestaan en nie gewerk het nie.
Hy verskyn vandag op aanklagte van poging tot moord, voertuig-, wapen- en ammunisieroof in die hof.
22 April 2010
Kommentaar
Dankie Vader, sy's OK!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)