Na Jakkalsheining gedryf

 
Elektriese heining Foto: VERSKAF
Elektriese heining Foto: VERSKAF

Roofdiere het mnr. Johannes van Wyk van die plaas Rietpoort, by Loxton, in ‘n hoek gedryf.

Die elektrifisering van sy grensheining het vir hom na die enigste oorblywende keuse gelyk, maar hy het gedink dit is te duur. Hy het egter noukeurig somme begin maaak en tot die slotsom gekom dié plan gaan hom net sowat ‘n vyfde kos van die geld wat hy die afgelope 10 jaar verloor het weens roofdiere wat sy lammers gevang het.

Dr. Koos Louw, wat op Zakfontein by Williston boer, stem saam. Voor hy in 2004/5 ‘n gedeelte van sy plaas se heinings geëlektrifiseer het, het hy jaarliks 70 tot 100 lammers verloor. Dit kan die skade wat hy ly as gevolg van roofdiere maklik op R50 000 per jaar te staaan bring.

Hy sê volgens die jongste navorsing deur die Universiteit van die Vrystaat word 20% van ál di elammers wat in die Noord-Kaap aankom, deur roofdiere gevang. Die skade beloop R540 miljoen per jaar. Sedert sy heinings skop in het, is 30 die meeste lammers wat hy nog verloor het, waarvan heelwat in elk geval buite die geëlektrifiseerde deel gevang is.

Van wyk sê dit is ‘n verkeerde seining dat dit duur is om heinings te elektrifiseer. “Ons behoeftes is heeltemal anders as waar nywerheidspersele of private huise se heinings geëlektrifiseer word. Ons kan baie van die werk self doen en komponente self maak, wat dit aansienlik goedkoper maak,” sê hy.

Die totale koste (insluitend die vergoeding van 10 werkers teen R70 elk per dag) om ‘n geëlektrifiseerde draad bo en onder aan die bestaande heining om die plaas van 9 881 ha en oor ‘n afstand van 38 km aan te bring was R102 991. Die onderste draad het R60 328 gekos en die boonste draad R42 663. Dit het R1,12 per meter vir die boonste draad, R1,59 per meter vird ie onderste draad, dus R2,71 per meter vir albei drade, en R10,42 per ha oord ie totale oppervlakte, gekos.

Kostes
Van Wyk was aanvanklik self onder die indruk dat dit te duur sou wees, maar toe hy die som van sy verliese gemaak het, het hy besluit om kwotasies te kry en te kyk wat moontlik is. Hy boer met ongeveer 1 000 Merino-ooie wat jaarliks sowat 1 000 lammers gee.

Die afgelope 10 jaar het hy gemiddeld 10% van die lammers wat aangekom het as gevolg van roofdiere verloor. Dit beloop ongeveer 100 lammers per jaar teen ‘n minimum van R500 per lam, wat sowat R500 000 oor die 10 jaar beloop het.

Die koste wat Van Wyk aangegaan het om roofdiere uit te roei, was oor die afgelope 10 jaar sowat R150 000, oftewel R15 000 per jaar. Dié koste sluit ‘n permanente jakkalsjagter in wat R400 per jackals gekry het wat hy van kant gemaak het. Hy het ook ‘n motorfiets, wat deurgaans onderhou moes word, nut gekoop vir R12 000. Nog geld is bestee aan spesialisnagjagters, klokkies, gifppille en radiostelsels wat geraak maak om die roofdiere te verwilder.

Die verlies aan lammers en die bekamping van roofdiere het saam sowat R65 000 per jaar gekos en dit het nie die problem opgelos nie.

30 Augustus 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.