‘n Misdaadfonds is deur Solidariteit helpende Hand (SHH) gestig om hulp aan gesinne, wat nie traumabehandeling ontvang het nadat hulle slagoffers van ‘n misdaad was nie, te verleen.
Luidens ‘n verklaring kom dié besluit nadat ‘n 11 jarige meisie van Noordwes, wat tydens ‘n plaasaanval verkrag is, ná drie maande nog geen traumabehandeling ontvang het nie.
Na die voorval in Februarie is die meisie se gesin deur ‘n kerklike maatskaplike organisasie ingelig dat daar nie fondse beskikbaar is vir gespesialiseerde traumaberading nie. ‘n Ondersoek deur SHH het gevind dat die organisasie slegs R2 000 per jaar vir gespesialiseerde traumaberading beskikbaar het, en dat die geld vir 2010 reeds uitgeput is.
Suid-Afrikaners moet hulp verleen
Dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van SHH, vra die ondersteuning van Suid-Afrikaners vir die fonds. Hy sê met die fonds wil hy verseker dat misdaadslagoffers onmiddellik toegang tot gespesialiseerde hulp kan kry.
“Finansies mag nooit ‘n rede wees hoekom ‘n kind in nood nie dadelik gespesialiseerde hulp kan kry nie,” sê Langner. “Om slagoffers dadelik te help word beskikbare fondse nie aan maatskaplike instellings betaal nie, maar volgens meriete, direk aan die diensverskaffer. So word verseker dat hulp by die nood uitkom en fondse nie deur begrotings geabsorbeer word nie.”
Volgens Langner word hulpverlening belemmer deur die finansiële probleme van staatgesubsidieerde maatskaplike instellings.
Bankbesonderhede
Solidariteit Helpende Hand
ABSA
Rekeningnommer 407 225 0017
Verwysing – MISDAADNOODFONDS
Tak: Centurion, takkode 632005
Belangstellendes kan ook 0861 25 24 23 skakel om ʼn bydrae te maak.
11 Mei 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)