Optog teen misdaad verander

 
Misdaad. Foto: Wallpapersweb.com
Misdaad. Foto: Wallpapersweb.com

Die TLU SA se Jongboerkomitee en AfriForum Jeug nooi belangstellendes uit om ‘n byeenkmoms teen misdaad, en veral plaasmoorde, op 6 Februarie by te woon. Die byeenkoms sou eers 'n optog vanaf LC de Villiers-sportterrein in Pretoria gewees het, maar sal nou 'n vergadering by Fort Schanskop by die Voortrekkermonument-erfenisterrein wees.

Verrigtinge sal om 10:00 begin. Die organiseerders beplan om ‘n manifes aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) , die publiek en media te gee rakende misdaad.

Vyf naasbestaandes van slagoffers van plaasmoorde sal by die byeenkoms vertel van die uitwerking van die moorde op hulle naasbestaandes.

Diegene wat die byeenkoms bywoon word versoek om aan die volgende gerdragskode te voldoen:

  • Alle deelnemers moet ten alle tye aan die maarskalke gehoorsaam wees.

  • Geen alkoholiese drank word by die byeenkoms toegelaat nie.

  • Geen vuurwapens word tydens die byeenkoms toegelaat nie.

  • Kleredrag: Swart hemp / T-hemp met bypassende bykomstighede.

  • Geen logo van enige aard word op kleredrag toegelaat nie.

  • Slegs goedgekeurde drukwerk word op die swart hemp / T-hemp toegelaat.

  • Deelnemers word versoek om te let op taalgebruik. Geen  rassistiese of kru taal word toegelaat nie.

  • Slegs goedgekeurde swart vlae word toegelaat en geen ander kleur of kleure vlae word toegelaat nie.

  • Deelnemers word gevra om stiptelik na die byeenkoms die terrein in ‘n ordelike manier te verlaat.

  • Die doel van die byeenkoms is om as ‘n Gedenksgeleentheid vir slagoffers van plaasaanvalle te dien. Deelneemers word versoek om dié doel te respekteer.

2 Februarie 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.