Vir die eerste keer het die TLU SA se Jongboer-komitee Saterdag sy stem oor plaasmoorde dik gemaak.
Net minder as 100 mense het vanoggend by die Voortrekkermonument in Pretoria byeengekom om teen plaasslagtings te protesteer.
(Byskrif: Mnre. Kobus du Plessis, Hendrik du Plessis, me. Elandi Rautenbach en mnr. Francois du Plessis he die byeenkoms bygewoon. Kobus en Hendrik woon in Pretoria woon, en Elandi en Francois op Potchefstroom.
Mnr. Johan van Biljon, hooforganiseerder, sê terwyl die wêreld in aanloop tot die 2010 Sokker -wêreldbeker van hul veiligheid in Suid-Afrika verseker word, dui onafhanklike databasisse dat plaasaanvalle toeneem.
Van Biljon het ‘n memorandum oor die TLU SA se Jongboere se standpunt tydens die geleentheid voorgelees. Die dokument sou aan die polisie oorhandig word, maar daar was nie ‘n verteenwoordiger wat dit in ontvangs kon neem nie. Van Biljon het egter gesê die komitee sal dit later aan die owerheid oorhandig.
Dr. Duncan Prinsloo, ‘n veearts, het vertel hoe sy vrou op 20 November doodgeskiet is en dat dieselfde koeël hom in die rug getref en verlam het. “As dit nie vir God se genade was nie, sou dit maklik gewees het om ná die insident te gaan lê het.”
Prinsloo se beserings was so ernstig dat hy steeds nie sy besigheid soos in die verlede kan bedryf nie en nou is hy in die proses om van sy plaas afstand te doen. “Omtrent 42 mense is afhanklik van die plaas en nou gaan hul moontlik nie ‘n heenkome hê nie as gevolg van die aanval,” het hy emosioneel gesê.
Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, sê plaasaanvalle laat hom vertroue in die polisie se vermoë om misdaad te beveg verloor. “Die Regering se primêre taak is om na die veiligheid van sy land om te sien. Natuurlik is daar steeds goeie polisiemanne, maar ons sit met ‘n korrupte polisiemag. Misdadigers weet dis die heel beste plek om te skuil.”
6 Februarie 2010
Kommentaar
Hoekom voel ons so magteloos teen al die moorde, verkragtings en diefstal?? Ons hulp krete slaan teen die mure vas.... skree nog harder maar niemand hoor nie. Almal praat van die rainbou nasie maar mag ek vra is ons as blankes deel daarvan? Wel ek glo nie ... ons word uitgemoor en verwerp (werksaansoeke) want jou vel is te wit. Ek sien net swarigheid en hartseer baie trane en armoede.
Ek kan nie verstaan dat daar so min mense was by die byeenkoms nie WAT GAAN MET ONS AFRIKANERS AAN DAT ONS NIE KAN SAAM STAAN NIE
Ek stem volkome saa met die dame se kommentaar hierbo. Sowat 110 jaar gelede is ons boere en hul gesinne byna uitgeroei deur die Engelse wat alles wou afneem op 'n brutale manier en nou is die aanslag weer daar met 'n regering wat ons wapens afneem en barbare toelaat om ons mense uit te moor! Hoe kan ons stilsit en niks doen nie? Ons soek leiers wat ons boere kan organiseer om met vragmoters en trekkers met wit kruise op 'n beskaafde manier op die regte te protesteer oor die toedrag van sake. Ont hou daar mag nie reels en wette oortree word nie. Die doelstelling moet wees om soveel as moontlik buitelandse publisitet en ondersteuning te kry. Die tyd was nog nooit so ryp daar voor as nou nie. Obama se populariteit is besig om te daal tot 'n laagtepunt in Amerika en die klimaat in europa is ook gunstig. Plaaslik het Zuma en die regering se aansien 'n knou weg. Dus kan so 'n optrede van die boere 'n gunstige gevolg hê.
Destyds was daar bekwame leiers onder die boere om ons nasie uit die ellende te help. Ek is seker sulke leiers is vandag nog daar. hulle moet net navore kom en dinge op die regte beskaafde manier doen.
Ek kan net nie verstaan dat ons nie kan saamstaan nie. Beteken die geweld en veral op plase dan niks vir mense nie? Is elkeen so in sy eie klein wereldjie ingeperk dat mense nie sien wat aangaan nie? Asseblief tog, help. Almal, stedelinge, plattelanders, almal. Besef mense die belangrike rol wat die boer in ons samelewing speel? Kan ons bekostig dat ons landbou so 'n knou kry en ons later opeindig soos ons buurland? Kan ons nie betoog en vra dat kommando's terugkom nie? Kan ons asb tog net nie saamstaan en iets doen nie? Dit kan nie so aangaan nie. My seuntjie is nou 9 en sy grootste droom is om eendag te boer. Kom ons kweek die liefde by ons kinders en kom ons span saam teen misdaad. Ek pleit by ieder en elk. Asseblief!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)