Profert steun plaasveiligheid

 
Mnr. Willie van Heerden, van Profert, oorhandig die sleutels van die Chevrolet Captivo aan die voorsitter van Vrystaat Landbou se wet en ordekomitee, mnr. Kobus Breytenbach.
Mnr. Willie van Heerden, van Profert, oorhandig die sleutels van die Chevrolet Captivo aan die voorsitter van Vrystaat Landbou se wet en ordekomitee, mnr. Kobus Breytenbach.

Profert het sy stem dik gemaak oor veiligheid op die platteland dik gemaak en borg ‘n voertuig wat deur Vrystaat landbou se wet en ordekomitee gebruik word.

In ‘n nuusverklaring sê mnr. Willie van Heerden, Profert se hoofbestuurder vir die sentraal-streek, dié maatskappy is al hoe meer bewus van die uitdagings van beveiliging en die gevolglike finansiële implikasies wat dit vir boere inhou. Die maatskappy het toe besluit om die voertuig vir dié komitee te borg.
 
(Foto: Mnr. Willie van Heerden, van Profert, oorhandig die sleutels van die Chevrolet Captivo aan die voorsitter van Vrystaat Landbou se wet en ordekomitee, mnr. Kobus Breytenbach.)
 
Van Heerden sê dié komitee, wat nou ses jaar in werking is, het 'n verskil aan die voorkoms van misdaad gemaak in die distrikte waar dit bedrywig is. Die dienste is gratis tot Vrystaatse produsente se beskikking en is moontlik gemaak deur die welwillendheid van plaaslike nywerhede.
 
Sedert die instelling van die komitee is groot vordering gemaak met die vermindering van noodlottige en nie-noodlottige aanvalle in die streek. Daar is reeds 194 potensiële plaasaanvalle voorkom danksy regstreekse ingryping deur die komitee, terwyl die getal noodlottige plaasaanvalle van 13 in 2006 tot twee in 2008 gedaal het.
 
Profert is daarvan bewus dat die koste verbonde aan misdaadvoorkoming 'n wesenlike deel van produsente se insetkoste geword het.
 
21 September 2009
0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.