|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Die meeste mense wat aangeval word, is stille slagoffers ? nie omdat hulle nie in staat was om hulle te verset nie, maar omdat hulle nie op 'n moontlike aanval voorbereid was nie. Dié artikel werp meer lig op hierdie aspek.
Die aanvaller gryp sy slagoffer vas. Wat gaan die slagoffer se reaksie wees? Gaan hy of sy skree, vloek, histeries raak, flou word of hom- of haarself verdedig?
Dit is maklik vir iemand om vooraf te sê hy gaan dít of dát doen, maar in werklikheid is dit nie so maklik nie. Hy word dalk deur iemand aangeval wat fisiek sterker as hy is. Die aanvaller het boonop die verrassingselement aan sy kant en dan is sy slagoffer in 'n toestand van skok.
Baie mense is skepties oor selfverdediging. Sommige mense is só besig met die boerdery dat hulle nie tyd het om selfverdediging aan te leer nie. Ander glo dit is tydmors, "want ek gaan dit tog nooit nodig kry nie". Party mense, veral vroue, dink hulle is te swak om dit toe te pas. Dan is daar diegene wat dink hulle is te oud daarvoor.
Die skuld vir dié sieninge lê by die gemeenskap, wat sekere reëls vir mans en vroue het en wat mense dan van kleins af probeer volg. Seuntjies word geleer om sterk en dapper te wees. Hulle speel rugby en speel met speelgoedrewolwers en klim boom. Hulle word geleer dat dit 'n teken van swakheid is as hulle sou huil. Dogtertjies, daarenteen, vertroetel hul poppe en kleur prente in. Hulle moet goed gemanierd wees en hulle stil gedra ? soos dametjies.
Aggressie en vasberadenheid is egter nodig by enigeen wat hom- of haarself en sy of haar gesin wil verdedig. Vra die volgende vrae aan die denkbeeldige aanvaller: "Wie gee jó
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24