‘Skokprogram’ oor plaasmoorde

 
Kruise om plaasmoorde aan te dui. Foto: Verskaf
Kruise om plaasmoorde aan te dui. Foto: Verskaf

Plaasmoorde en -aanvalle gaan Donderdag, 17 September, op die spits gedryf word wanneer slagoffers van plaasaanvalle se name deur bekende Suid-Afrikaners en naasbestaandes van slagoffers op die Solidariteit Beweging se internetradio, Solidariteit Radio, uitgelees gaan word.

Die omvang van die probleem is só groot dat dit ongeveer agt ure gaan neem net om al die name te lees.

In ‘n verklaraing sê Solidariteit hy het ‘n naamlys van sowat 1 650 name wat deur die TLU SA saamgestel is, maar die werklike getal moorde is tussen 2 000 en 3 000. Weens swak misdaadstatistiek is die presiese getal plaasaanvalle en -moorde nie bekend nie.

Bekende Suid-Afrikaners wat gaan help om die name uit te lees, is onder andere, Marius Weyers, Bok van Blerk, Brumilda van Rensburg, Shaleen Surtie-Richards, Sean Els, Lianie May, MD Greyling, Gerrie Pretorius, Ghapi, Mel Botes, Elizma Theron, Allan Boesak, dr. Pieter Mulder, Chris van Zyl (TLU SA), Flip Buys (Solidariteit), Kallie Kriel (AfriForum), Danie Langner (Solidariteit Helpende Hand) en Danie Goosen (FAK). Daar gaan ook kort beskrywings voorgelees word van hoe die aanvalle en moorde plaasgevind het.

“Wat ontstellend is van die name wat uitgelees gaan word, is die wrede manier waarop van die moorde plaasvind het. Dit wissel van mense wat met strykysters gebrand is, ’n vrou wat aan ’n boom opgehang en doodgeslaan is tot kookwater wat in mense se ore gegooi is. Om na dié gebeure te luister, is emosioneel uitputtend en nie vir sensitiewe mense bedoel nie. Dit gaan die eerste keer was wat Suid-Afrikaners op een dag na die besonderhede van al die moorde en aanvalle op plase kan luister,” sê mnr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

“Ons doel met die program is om weer die aandag op hierdie wrede misdaad te plaas. Ons vertrou dat die Regering met ’n aggressiewe beskermingsplan vorendag sal kom. Daar is byna net soveel boere in Suid-Afrika vermoor as wat hulle plase in Zimbabwe verloor het. Die wêreld is eenvoudig té stil oor die wrede misdaad. Indien ons net een moord deur die uitsending kan keer, was dit suksesvol,” het Hermann gesê.

Van die feite wat Solidariteit aan die begin van die program gaan voorlee,s sluit in dat daar in die tien jaar tot 2006 ongeveer 2 017 mense op plase vermoor is. Tot 35% van die slagoffers is plaaswerkers en hulle gesinne. Sowat 70% van die mense wat vermoor is, is plaaseienaars.

Volgens Statistiek Suid-Afrika het kommersiële boere ’n gemiddeld van 22 plaaswerkers (permanent en seisoenaal) in diens. Dit beteken dat sowat 31 000 plaaswerkers hulle werk verloor het as gevolg van plaasmoorde. Dit is sonder die families wat hulle moet onderhou. Volgens die TLU SA-databasis het 64% van die aanvalle tussen 1993 tot 2009 op moord uitgeloop.

Die uitsending kan op www.solidariteitradio.co.za gevolg word. Dit begin 8:30 en sal tot ongeveer 16:30 duur. Die onderskeie bekendes en naasbestaandes se opnames sal apart op die webbladsy gepubliseer word. Solidariteit waarsku dat die uitsending ontstellend is en dat dit in ag geneem moet word wanneer die webbladsy besoek word.

16 September 2009

4.214285
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Dit is niks anders as terorisme teen blankes onder 'n rookskerm. Baie van die tonele wat 'n mens sien is presies dieselfde m/o as die moorde tydens die Rodesiese oorlog.

Onbekende besoeker

Moenie dink dat almal so oningeligd is soos wat jy dink nie mr.Chele - kookwater in ore,huise wat afgebrand word,oumense wat se vingers in skroefbanke vasgedraai word en dan hul bene gebreek word....het niks,absoluut niks uit te waai met gewone diefstal,en die teorie van die wat het en nie het nie,maak nie saak watse kleur nie.Stuur die lys van plaasmoorde na Kanada en kyk watse reaksie dan uitgelok word?!

Johan Steenkamp

Baie dankie solidariteit. Uiteindelik gebeur iets. Laat dit vir ander organisasies se oe oop maak en hulle laat sien daar moet opgetree word.

Johan Steenkamp

Onbekende besoeker

Dit is hoog tyd dat so iets gedoen moet word. Die wêreld is salig onbewus van wat besig is om te gebeur. Ek dink daar moet ook so program op tv uitgesaai word en hulle moet dit ook op die internet (facebook & YouTube) vrystel sodat almal kan sien en luister wat is besig om in hierdie rainbow nation te gebeur.

My vraag is net hoe lank gaan ons nog wag en hoop dat die regering werklike fisiese stappe doen om plaas mense te beskerm. Elke keer word daar net erken hoe verskriklik dit is, maar 'when push comes to shove' word daar niks aan gedoen nie.

Hoe meer ons die wêreld se simpatie die (UN, GENOCIDE WATCH $ HUMAN RIGHTS WATCH)kry en hulle aandag vestig op die harde realiteite wat hier gebeur en dat die regering ons plaasmense nie kan beskerm nie en dat die moordenaars selde gevang en nog minder vervolg word.

Ons moet hulle laat regop sit en besef wat hier besig is om te gebeur!!!!!

Onbekende besoeker

Hoog tyd , te veel mense het hul lewens verloor, die wat gespaar bly het vir 'n leeftyd letsels.
Michelle

Onbekende besoeker

Dankie Solidariteit.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.