Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Plaasveiligheid / Veediefstal-hoe-raak-dit-wolproduksie

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Veediefstal: Hoe raak dit wolproduksie?

 
Theuns Botha

Hoewel kenners saamstem dat veediefstal bygedra het tot die dalende wolproduksie in Suid-Afrika, verskil hulle oor die juiste invloed wat dit daarop gehad het. 'n Paar wolleiers gee hul siening.

Die
herrie was behoorlik los toe dr. Theuns Laas, ondervoorsitter van Cape Wools, in Junie in 'n verslag voor die Wolforum (LW, 12 Julie 2002) onder meer aangevoer het Suid-Afrika se dalende wolproduksie kan aan verskeie faktore, soos 'n wisselvallige mark en 'n beter inkomste uit vleisskape, toegeskryf word ? eerder as bloot die nadelige invloed van veediefstal.

Die NWKV se voorsitter, mnr. Izak van der Merwe, het skerp gereageer op die Laas-verslag se redes vir die daling in wolproduksie. Hy het die verslag se gevolgtrekkings oor veediefstal as 'n "simplistiese interpretasie" van statistiek bestempel.

Mnr. Van der Merwe is oortuig dat die onregstreekse gevolge van veediefstal op wolproduksie veel groter is as wat altyd besef word, omdat moontlike toetreders tot die bedryf deur die onaangename gevolge daarvan afgeskrik word. "Die lys wolboere wat wolskaapboerdery om dié rede beëindig het, is lank."

Landwye opnames toon dat waar wolskaapboerdery nader as 20 km aan dorpe bedryf word, boere uitsonderlike maatreëls moet tref om veediefstal te bekamp. "Boonop word hierdie afstand al hoe groter," sê mnr. Van der Merwe.

Hy is bekommerd dat die hoë misdaadprofiel wat veediefstal in die regstelsel geniet ('n saak wat met moeite deur die georganiseerde landbou beding is), deur die uitsprake in dié verslag geskaad kan word.

Dr. Arno Moore, hoofbestuurder van die NWKV in Port Elizabeth, sê veediefstal moet in die breër raamwerk van die hele misdaadsituasie in die platteland gesien word. "Dit is 'n emosionele aangeleentheid. Weens 'n gebrek aan toepaslike statistiek is dit ongelukkig nie moontlik om die werklike invloed daarvan op wolproduksie te bepaal nie."

Hoewel die NWKV groot waardering het vir die eerlike en harde werk van talle lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat in moeilike toestande hul bes probeer om die skuldiges aan die man te bring, is daar heelwat gevalle waar die teendeel waar is.

Sommige NWKV-lede meen die polisie se amptelike statistiek (sien die tabel) weerspieël nie die ware omvang van die probleem nie. "Dié statistiek het min geloofwaardigheid omdat heelwat lêers verdwyn en ondersoekbeamptes dikwels sélf by die misdade betrokke is."

Boere voel dat dit nie eers die moeite werd is om veediefstal aan te meld nie omdat heelwat van die inligting klaarblyklik nie Pretoria ? waar die statistiek bygereken word ? bereik nie.

Selfs as aanvaar word dat die amptelike syfers van die polisie reg is, sal dit nie werklik die invloed daarvan op wolproduksie weerspieël nie. "Dit is nie die wol van 50 gesteelde skape wat wolproduksie benadeel nie. Dit is die duisende ander waarmee geboer kon word as dit nie vir veediefstal was nie, wat die land se skeerselgrootte beïnvloed."

Hoewel die regstreekse verlies weens veediefstal in die Oos-Kaap sowat R34 miljoen per jaar beloop, is die onregstreekse gevolge daarvan, volgens die Antrobus-verslag, soveel as R667 miljoen per jaar.

In 'n onlangse verslag van die LNR oor kommersiële boerdery in die omgewing van eMalahleni (wat Dordrecht, Indwe en Elliot insluit), word veediefstal uitgesonder as die belangrikste rede wat die uitbreiding van wolproduksie benadeel.

Mnr. Hendrik Botha, voorsitter van die NWKV in KwaZulu-Natal, stem heelhartig hiermee saam. Hy reken 80 % van alle boere wat met skape in dié provinsie boer of geboer het, sal veediefstal as die hoofrede aanvoer vir die afskaling van hul skaapgetalle of oorskakeling na 'n ander bedryfstak.

Dit sou aan belaglikheid grens om só 'n drastiese stap te doen as die polisie se statistiek toon net drie uit elke 1 000 skape word per jaar gesteel. "As dit só 'n geringe invloed gehad het, waarom word die kwessie jaar ná jaar op kongresse bespreek?"

Mnr. Botha sê boere meld nie meer die diefstal van twee tot drie skape aan nie. "Hulle besef heelwat tyd word aan verklarings afgestaan en dan vind geen verdere optrede daarna plaas nie."

'n Goeie voorbeeld is in die distrik Kokstad, waar volgens die amptelike polisiesyfers van 31 Oktober verlede jaar tot 31 Maart vanjaar altesame 57 veediefstalsake aangemeld is. Net 26 % van dié sake is opgelos. Van die 34 skaapdiefstalsake wat aangemeld is, is egter net ses (18 %) opgelos.

Hy beweer daar is talle bewyse van gevalle waar diefstalle wel aangemeld en verklarings afgelê is, en waar daar later glad nie polisierekords van die sake verskaf kan word nie.

Mnr. Jan Pieterse, voorsitter van die NWKV in Mpumalanga, benadruk dat boere wat nog met skape boer, groot bykomende koste moet aangaan met die aanstel van wagte, patrollering, alarmstelsels en die elektrifisering van heinings. "Net in die distrik Belfast was skaapboere al genoodsaak om 12 wagte aan te stel teen 'n gemiddelde koste van R1 000 per wag per maand."

Mnr. Gert van Loggenberg, 'n Vrystaatse NWKV-bestuurslid van Harrismith, sê die uitwerking van diefstal op die psige van boere moet nie onderskat word nie. "Ná 'n paar voorvalle waarby dragtige en stoetooie of lakterende ooie gesteel of vermink is, vervaag 'n boer se entoesiasme vinnig."

Harrismith, wat eens die grootste wolproduserende distrik in die Vrystaat was, beklee tans die derde plek omdat 'n groot deel van dié distrik aan die voormalige Qwaqwa grens.

Mnr. Bennie Phillips, voorsitter van die Oos-Kaapse NWKV, meen die afname in wolproduksie kan nie nét aan veediefstal toegeskryf word nie. "Daar is talle ander redes, waaronder ekonomiese oorweginge, arbeidswetgewing en die verkeerde soort wolskape waarmee geboer word."

Hy gee nietemin toe dat veediefstal die belangrikste oorsaak is vir die feit dat daar vandag langs Lesotho en die voormalige Transkei en Ciskei se grense feitlik geen wol meer geskeer word nie.

Mnr. Ben Brynard, voorsitter van die NWKV in Noord-Kaap, sê boere in dié provinsie word vanweë die ekstensiewe aard van hul boerdery in 'n mindere mate deur misdaad geteister. Sogenaamde "potslagtings" word wel aangemeld.

"Nie 'n enkele geval is egter hier bekend waar wolskaapboerdery weens veediefstal gestaak is nie."

Volgens mnr. Claude Cloete, 'n bestuurslid van Wol SA, is daar te veel emosie oor die veediefstaldebat. "Om te sê dit is nie 'n probleem nie, en dat dit nie wolproduksie kan beïnvloed nie, is verkeerd. Om egter die afgelope tien jaar se daling in die skeersel hoofsaaklik aan dié misdaad toe te skryf, is ook nie waar nie. Waarom het die land se skaapgetalle dan in dieselfde tyd toegeneem?"

Hy stem grootliks saam met die Laas-verslag se bevindinge, maar meen nietemin veediefstal is vir baie boere wat nie ekonomies sterk staan nie, dikwels net die laaste strooi wat hulle hul kleinvee laat verkoop. "Ongelukkig word dit dán weens emosionele redes gedoen wat met veediefstal gepaardgaan, en nie omdat wolskaapboerdery in die algemeen nie betalend is nie."

Dr. Laas, wat die verslag opgestel het, erken dat veediefstal beslis baie emosie aanwakker. In 1989 het veediewe 34 van sy swaar dragtige stoetooie geslag. Die feit dat daar nie 'n korrelasie is tussen die hoeveelheid skape wat per provinsie gesteel is, en die afname in wolproduksie per provinsie nie, bevestig sy standpunt dat veediefstal nie die belangrikste oorsaak is vir die afname in die land se skeersel nie. Daar was ook baie ander redes, soos hy in sy verslag aangetoon het, sê hy.

Dr. Moore benadruk die NWKV wil boere verseker dat hulle saam met die res van die georganiseerde landbou die bekamping van veediefstal as 'n saak met hoë voorkeur sien. "Dié vereniging sal voortgaan om op die hoogste vlak aandag hieraan te gee."

Met die uiteenlopende standpunte en emosie wat 'n misdaad van dié aard ontlok, is dit duidelik dat die finale uitspraak oor veediefstal nog nie gedoen is nie. Moontlik sal die jongste opname van Statistiek SA, wanneer dit beskikbaar is, meer lig op die saak kan werp, aangesien spesifieke vrae oor veediefstal ingesluit is.

Die polisie se hande is afgekap. As boere nie bereid is om álle gevalle van veediefstal, hoe gering ook al, aan te meld nie, sal die beskikbare statistiek die enigste (en klaarblyklik aanvegbare) bron bly waarop aannames oor die invloed daarvan op wolproduksie gebou kan word.

Kleinboere loop ook deur

Dit is nie net kommersiële boere wat deur veediefstal getreiter word nie. Op die jaarlikse konferensie van die Transkeise Wolkwekersvereniging op Mpeko, naby Umtata, het 'n afgevaardigde beweer dat sommige polisielede en die vermeende diewe kop in een mus is.

Hy het gewaarsku dat as diegene wat veronderstel is om die sake te ondersoek, nie hul taak meer toegewyd uitvoer nie, die gemeenskap gedwing sal word om die reg in eie hande te neem.

Hoewel moeite gedoen word om veediefstalsake aan te meld, is die suksessyfer om die diewe aan die man te bring, baie laag in dié deel van die land. Dit gebeur dikwels dat klagstate net eenvoudig verdwyn en dat die klaers heeltemal te min inspraak het by die soort straf wat opgelê behoort te word.

"Dit is onbegryplik dat 'n man wat daaraan skuldig bevind is dat hy 20 skape gesteel het, net ses maande tronkstraf gekry het. Besef die landdros dan nie wat die waarde van 'n skaap is nie?"

Hy het gesê dit is ironies dat waar borggeld betaal word, die dief die geld waarskynlik verkry het uit die geld vir gesteelde vee wat reeds verkoop is.

Kapt. D.N. Mhlekwe van die polisie se veediefstaleenheid op Umtata, stem nie saam dat die polisie laks is as dit by die aankeer van veediewe kom nie. "Die groot probleem is dat vee nie behoorlik geïdentifiseer kan word en beeste nie gebrandmerk is nie."

Hy wys daarop dat klaers by die hof op vergoeding kan aandring vir die skade wat hulle gely het as die oortreder skuldig bevind sou word.

face=Arial size=2>TABEL: Die tien distrikte waar die meeste
veediefstal (skape en bokke) aangemeld is in die
tydperk
Januarie tot Junie 2002 (Bron: Veediefstaleenheid,
SAPD

face=Arial size=2>Rangorde

face=Arial size=2>Gebied

face=Arial size=2>Provinsie

face=Arial size=2>Diere gesteel

face=Arial size=2>Diere teruggevind

1 Suid-Vrystaat Vrystaat

5 523

1 065

2 *Umtata Oos-Kaap

5 118

301

3 Oostelike
Hoëveld
Mpumalanga

4 648

1 487

4 Karoo Oos-Kaap

4 256

568

5 Drakensberg Oos-Kaap

4 120

1 092

6 Oos-Vrystaat Vrystaat

3 683

689

7 *Tugela KwaZulu-Natal

2 081

403

8 *Ulundi KwaZulu-Natal

2 046

602

9 Noord-Vrystaat Vrystaat

2 008

677

10 Diamantveld Noord-Kaap

1 813

382

* = Die syfers
vir Umtata, Tugela en Ulundi verteenwoordig waarskynlik meer bokke as
skape.

25 Oktober 2002

0
 
 
  • 1934 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Suur mynwater gaan krisis raak
  • Asmal nie meer voorsitter by Sawit
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction