Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Veiligheidsberaad takel plaasmoord

 
Plaasmoorde. Foto: VERSKAF
Plaasmoorde. Foto: VERSKAF

Mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, het bevestig dat hy die openingsrede by Agri SA se veiligheidsberaad in Pretoria gaan lewer.

Mnr. Kobus Visser, die organisasie se direkteur van korporatiewe skakeling, sê intussen wag hy om te hoor of pres. Jacob Zuma en die mnr. Jeff Radebe, Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, ook die beraad gaan bywoon.

Volgens Visser gaan die uitwerking van misdaad op die landbousektor een van die hoof besprekingspunte wees. Hy sê die spitsberaad van 1998, wat op versoek van oud-pres. Nelson Mandela gehou is, sal in hersiening geneem word.

“Hieronder sal die kwessie van plaasmoorde ook bespreek word.” Visser sê die beraad sal op 8 Maart in Centurion plaasvind.

Intussen nog ‘n plaasmoord
Intussen is ‘n 60-jarige boer van Bethal gisteroggend (7 Februarie) op sy plaaswerf doodgeskiet. Luidens ‘n berig op Nuus24 was mnr. Fanie Venter, ‘n oujongkêrel, en me. Hannetjie Venter (79), sy ma, beide op die werf besig toe drie onbekende mans hulle omstreeks 08:30 oorval het.

Me. Venter het glo eerste die mans gesien en vir haar seun geskree, maar hy kon haar nie hoor nie want die verdagtes het glo haar mond toegedruk. Volgens die berig het een van die mans Venter, wat altyd sy wapen by hom gedra het, onkant betrap en in die kop geskiet.

Hulle het me. Venter toe gedwing om die kluis vir hulle oop te sluit, waarna hulle met ‘n haelgeweer, selfone, kontant en me. Venter se handsak op die vlug geslaan het.

Loop vir hulp
Me. Venter kan glo nie bestuur nie, en moes toe 4 km loop na die naaste plaas om hulp te ontbied. Sy het glo saam met hul hond na buurman, mnr. Francois van Dijk, se huis gestap. Hy’t aan Beeld gesê: “Sy was so 10:00 hier. Sy het al die pad gestap. Dit is baie traumaties vir haar.”

Van Dijk het dadelik die Polisie in kennis gestel en met bure kontak gemaak. Hy vermoed die verdagtes het toegang tot die omheinde werf gekry deur  “die slotte en kettings te knip”.

Die Polisie is op soek na die verdagtes.

Bron:
Nuus24

8 Februarie 2010

5
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Dis gewoonlik wel-af swart kriminele wat hierdie aggressiewe plaasmoorde pleeg. Dit laat mens wonder of dit nie deel vorm van 'n sindikaat wat daarop uit is om ons boere families van ons gronde af te sit nie.

Sinnelose Wrede Moorde 

Moor die hande wat jou voed, nee almal hou vergadering die een se dit die ander dat. Intussen word plaasboere op die mees brutale wyse vermoor en aangeval. Besprekings gaan nie die moorde en aanvalle keer nie, doen liewer daadwerklik iets omtrent die probleem. Bring die kommando's terug.

@mkruger 

Wat van hulle wys hulle die foto's en van al die mense wat vermoor is en die impak wat dit op die land het. Wat van hulle gee alle boere die reg om wapens teen enige tyd saam op die plaas te dra en te mag skiet en dan vrae te vrae. Dan sal dit beter gaan!

Johan Stander 

Besprekings is goed... Maar wanneer word iets daar aan gedoen ? Intussen word ons boere uit gedin... Ek vra maar net ? Ons bid vir al jul wat deur die trauma moet gaan...

Jan Hardehout 

Ek hoop die geliefdes van al die vermoordes en mense wat solidarietyd het met hulle lyding en afgryslike marteling is daar om hulle rug op die genoemde "ministers" te draai en hulle boude vir hulle te wys!!!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.