Webwerf monitor plaasaanvalle

 

‘n Webwerf om plaasaanvalle en –moorde in Suid-Afrika te monitor is deur die boer wat mnr. Julius Malema, leier van die ANC Jeugliga, van volksmoord by die Internasionale Misdaadhof in Den Haag aangekla het, op die been gebring.

Luidens ‘n berig op News24.com versoek die Rustenburgse boer lesers om inligting oor plaasaanvalle aan hom te stuur sodat hy die regspan van die hof oor weeklikse gebeure kan inlig.

Die boer en sy gesin het die land verlaat voordat hy die saak teen Malema en 11 ander respondente aanhangig gemaak het.

Rede vir die webwerf
"Die idée vir die weeklikse stuur van plaasaanvalstatistiek aan die regspan het tot stand gekom weens die swak, uitgedateerde en onbetroubare statistiek wat die Regering in dié verband verskaf,” sê mnr. Fanie van der Walt, die boer se regsverteenwoordiger.

Inligting oor die vordering van die hofsaak sal ook op die webwerf, www.stopafrikanergenocide.co.za, beskikbaar wees.

Die boer het die saak aanhangig gemaak omdat hy Malema se sing van die lied “skiet die boer” as aanmoediging om volksmoord onder Afrikaanse boere te pleeg, vertolk.

Lees ook:

Plaasaanvallers vry, borg in ET-saak

15 Julie 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.