Weermag op grense verwelkom

 
Lesotho-grens. Foto: MARLEEN SMITH
Lesotho-grens. Foto: MARLEEN SMITH

Die beskerming van Suid-Afrika se grense is weer die verantwoordelikheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW). Die TLU SA en Vryheidsfront Plus (VF Plus) verwelkom dié Kabinetsbesluit. Die TLU SA meen sedert die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) dié funksie oorgeneem het, het misdaad dramaties vererger.

Die VF Plus meen xenofobiese aanvalle, soos dié wat onlangs op De Doorns plaasgevind het, is ’n gevolg van die SANW se onttrekking van die landsgrense. “Die VF Plus het gewaarsku dat die SAPD nie die mannekrag en vermoë het om die grens te bewaak nie. Die instroming van onwettige immigrante van veral Zimbabwe en Mosambiek asook veediefstal aan die Lesotho-grens moet dadelik stopgesit word,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir verdediging vir dié politieke party.

’n Kwessie wat egter dringend aandag moet kry, is die herinstelling van kommando’s in landelike gebiede, sê die twee groepe. Die TLU SA sê die besluit om die kommando’s te ontbind, het lewensgevaarlike omstandighede vir plaasbewoners tot gevolg. Die VF Plus sê die ontbinding van dié stelsel is nou as ’n fout deur die Regering bewys.

20 November 2009

0
 
 

Kommentaar

warren

Dis regtig n goeie ding!!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.