Roofdiere het mnr. Johannes van Wyk van die plaas Rietpoort, by Loxton, in ‘n hoek gedryf.
‘n Webwerf om plaasaanvalle en –moorde in Suid-Afrika te monitor is deur die boer wat mnr. Julius Malema van volksmoord aangekla het, op die been gebring.
‘n Misdaadnoodfonds is gestig nadat ‘n meisie wat tydens ‘n plaasaanval verkrag is ná maande nog geen traumabehandeling ontvang het nie.
‘n Vergadering om die veiligheids-kwessies wat plaaswerkers raak te bespreek vind tussen die Minister van Polisie en vakbond Fawu plaas.
Boere, werkers en plaasbewoners het mekaar nodig as teenwig vir plaasaanvalle, en hulle moet hande vat, het die portefeuljekomitee vir Polisie gehoor.
Van die Regering word verwag om plaasaanvalle te veroordeel, sê Agri SA ná sy landelike misdaadkonferensie in Centurion.
Meer as 1 400 mense het landbou.com se Stop plaasmoorde-petisie onderteken. Lees van die ondertekenaars se nuwe kommentaar oor die kwessie en sê jou sê.
Meer as 2 100 boere is al in Suid-Afrika vermoor: Hoekom, vra hierdie skrywer, en sy nooi belangstellendes om ‘n petisie oor plaasmoorde te onderteken.
Plaasaanvalle en -moorde is op die agenda by Agri SA se veiligheidsberaad en mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, sal die openingsrede lewer.
Die TLU SA se Jongboer-komitee het Saterdag sy stem oor plaasmoorde dik gemaak tydens 'n byeenkoms by die Voortrekkermonument.