Deur ALANI JANEKE
5 Oktober 2012

616 keer gelees | 0 kommentaar

Aanhangers van die wyne wat jaarliks Veritas-toekennings ontvang, sal dit oudergewoonte weer kan proe.


Die toekenning van Veritas-pryse het ’n betroubare maatstaf vir wynliefhebbers geword wanneer hulle keuses oor wynaankope moet maak. Die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV) sê dubbelgoud en goue medaljes wat op bottels pryk, beïnvloed toenemend verbruikers se koopgedrag.

Soos wat die afgelope paar jaar die gewoonte is, sal wynliefhebbers tydens Oktober en November die jaar die kans kry om verskeie van 2012 se top Veritas-wyne by openbare geleenthede te proe. Die geleenthede sal in Johannesburg, Kaapstad, Durban, Port Elizabeth en Knysna plaasvind, en word deur Deloitte geborg.

Die Veritas-toekennings word op Saterdag, 6 Oktober, in Kaapstad bekend gemaak.

Die vennootskap tussen Deloitte en Veritas bestaan sedert 2005, toe dié finansiële dienste maatskappy besluit het sy fokus op kwaliteit gaan hand-aan-hand met die beginsels van dié wyn- en brandewynkompetisie. 

Kaartjieverkope vir die proe-geleenthede in Kaapstad, Johannesburg en Durban het op 1 Oktober by Computicket geopen, maar bywoning van die ander geleenthede moet met verskeie organiseerders getref word. Vir meer inligting, besoek www.veritas.co.za.

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights