Deur ALANI JANEKE
20 September 2012

465 keer gelees | 0 kommentaar

Die risiko rakende finansiering vir boere wat deur oorstromings in die Benede-Oranjerivierstreek geraak is, is tans ’n groot uitdaging, sê Agri SA.


Kort nadat die eerste oorstromings boere langs die Oranje- en Vaalrivier verlede jaar in Januarie getref het, is hulle uit verskeie oorde sterkte toegewens vir die moeilike tyd wat voorlê. Meer as ’n jaar en ’n half later is dié tyd nog nie verby nie.
 
Mnr. Kosie van Zyl, raadgewer vir Agri SA, sê een van die nuutste uitdagings wat ondervind word ná die staat ramphulpfondse toegestaan het, is die verdeling van risiko ten opsigte van boere se finansieringsbehoeftes. ’n Komitee is in die begin van Augustus vanjaar byeengebring om die finansieringsprobleme te bespreek.
 
Die komitee is saamgestel uit verteenwoordigers van die Oranje Wyn-koöperasie (OWK), Kaap Agri, KLK Landbou, die Land Bank, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), handelsbanke, Agri Noord-Kaap en Agri SA. Hul doel is om die persentasie boere wat – ten spyte van die staatshulp – weens die oorstromings deur finansiële ondergang in die gesig gestaar word, tot die minimum te beperk.
 
NOK
Van Zyl sê ’n model waarby die verdeling van risiko’s so hanteer word dat die blootstelling vir ’n bepaalde landbou-onderneming tot die minimum beperk is, word met die NOK bespreek. Die risiko word dus op ’n 50-50-grondslag bereken. Vir so ’n model om te kan werk, sal alle partye kontraktueel verbind moet word, en die verdeling van risiko is ’n aspek wat verdere aandag verg, sê Van Zyl.
 
Bewerings dat sowat 20% van die boere in die omgewing gaan ondergaan of reeds tou opgegooi het, doen die ronde, maar Van Zyl sê dit kan nog nie bevestig word nie. Hy sê verder ondervind hulle groot uitdagings om die geld wat die staat vir infrastruktuur toegestaan het, bestee te kry, aangesien baie beplanning deur ingenieurs nodig is.
 
“Ons het hulle in die begin gewaarsku om nie al die geld in een geldjaar bestee te wil hê nie. Met die 1988-vloed het die herstelwerk 10 jaar gekos en ons het gereken dit kan nou tot sewe jaar kos. Dit beteken dat volle produksie moontlik eers in 2015/’16 of selfs 2017 hervat sal kan word,” verduidelik Van Zyl.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights