Kort nadat die eerste oorstromings
boere langs die Oranje- en Vaalrivier verlede jaar in Januarie getref het, is hulle uit verskeie oorde sterkte toegewens vir die moeilike tyd wat voorlê. Meer as ’n jaar en ’n half later is dié tyd nog nie verby nie.
Mnr. Kosie van Zyl, raadgewer vir
Agri SA, sê een van die nuutste uitdagings wat ondervind word ná die staat ramphulpfondse toegestaan het, is die verdeling van risiko ten opsigte van boere se finansieringsbehoeftes. ’n Komitee is in die begin van Augustus vanjaar byeengebring om die finansieringsprobleme te bespreek.
Die komitee is saamgestel uit verteenwoordigers van die
Oranje Wyn-koöperasie (OWK), Kaap Agri, KLK Landbou, die Land Bank, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), handelsbanke, Agri Noord-Kaap en Agri SA. Hul doel is om die persentasie boere wat – ten spyte van die staatshulp – weens die oorstromings deur finansiële ondergang in die gesig gestaar word, tot die minimum te beperk.
NOKVan Zyl sê ’n model waarby die verdeling van risiko’s so hanteer word dat die blootstelling vir ’n bepaalde landbou-onderneming tot die minimum beperk is, word met die
NOK bespreek. Die risiko word dus op ’n 50-50-grondslag bereken. Vir so ’n model om te kan werk, sal alle partye kontraktueel verbind moet word, en die verdeling van risiko is ’n aspek wat verdere aandag verg, sê Van Zyl.
Bewerings dat sowat 20% van die boere in die omgewing gaan ondergaan of reeds tou opgegooi het, doen die ronde, maar Van Zyl sê dit kan nog nie bevestig word nie. Hy sê verder ondervind hulle groot uitdagings om die geld wat die staat vir infrastruktuur toegestaan het, bestee te kry, aangesien baie beplanning deur ingenieurs nodig is.
“Ons het hulle in die begin gewaarsku om nie al die geld in een geldjaar bestee te wil hê nie. Met die 1988-vloed het die herstelwerk 10 jaar gekos en ons het gereken dit kan nou tot sewe jaar kos. Dit beteken dat volle produksie moontlik eers in 2015/’16 of selfs 2017 hervat sal kan word,” verduidelik Van Zyl.