Deur SUSAN BOTES
13 September 2012

773 keer gelees | 0 kommentaar

Suid-Afrika voer steeds onverwerkte melk uit, terwyl verwerkte suiwelprodukte die land binnestroom.


Dit is volgens die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro) se markseineverslag wat Donderdag (13 September 2012) bekend gestel is.

Volgens dié verslag is daar die eerste ses maande van die jaar 4,01% meer melk en room uit- as ingevoer en 4,02% meer karringmelk en joghurt.

Meer waarde is egter in die buiteland aangetref in sekere ander vertakkings van die suiwelketting.
Die verslag dui daarop dat daar meer gekonsentreerde melk (4,02%), wei (4,04%), botter (4,05%) en kaas (4,06%) uit- as ingevoer is.

Mnr. Alwyn Kraamwinkel, hoofbestuurder van Sampro, sê dié syfers is soortgelyk aan syfers wat in 2010 en verlede jaar deur hul onafhanklike bronne waargeneem is. "Weens lae pryse in die internasionale markte is die mededinging wat as gevolg van ingevoerde suiwelprodukte ondervind word straf en uitvoer is moeilik as gevolg van internasionale marktoestande."

Kraamwinkel sê intussen het die prys wat verwerkers vir suiwelprodukte ontvang tussen Julie verlede jaar en Julie vanjaar met 10,6% gestyg. "Dit is heelwat hoër as die styging van ander voedselgroepe, maar is laer as die 18,8%-styging wat produsente oor dieselfde tyd ondervind het."

Kraamwinkel het bygevoeg dat die styging in die plaashekprys vir melk tussen Junie en Julie vanjaar tot stilstand gekom het.

"Die onlangse styging in die pryse van mielies en soja en die verhoogde voerpryse wat daaruit spruit, kan die volume van die produksie van overwerkte melk nadelig beïnvloed. Dit kan ook die normale seisoenale vermindering in die pryse van onverwerkte melk in die seisoen van hoë produksie beperk."

Kraamwinkel sê normaalweg styg die plaashekprys van ongepasteuriseerde melk in die eerste helfte van die jaar en daal in die tweede helfte.

"In teenstelling met die normale patroon, het die produsenteprys-indeks van onverwerkte melk nie in die tweede helfte van verlede jaar gedaal nie. In die eerste vier maande van vanjaar het die indeks skerp gestyg en meer as in dieselfde maande van elk van die vorige vier jare."

Kraamwinkel sê dié prysgeskiedenis is deel van die rede vir die hoë produksie van onverwerkte melk tot dusver vanjaar. Hy verwag dat melkproduksie in die tweede helfte van die jaar sal afneem.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights