Deur ALANI JANEKE
31 Julie 2012

508 keer gelees | 0 kommentaar

’n Verhoog wat die plaaslike sybokhaarmark aan die wêreld sal bekend stel, wink vir Sybokhaar Suid-Afrika (SSA).


Suid-Afrika se sybokhaarmark sal aan die wêreld bekend gestel word tydens die Vogue Knitting Live-ekspokompetisie wat van 26 tot 28 Oktober vanjaar in Chicago aangebied word.

Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) is onlangs as die hoofborg van dié geleentheid aangewys.
 
Duisende brei- en hekelgeesdriftiges het al op vorige ekspo’s wat in Los Angeles en New York gehou is, toegesak. Die ekspo fokus op mode, vesel en opvoeding rakende sybokhaar, en dit word as enig in sy soort beskryf.
 
Die ekspo is die breinkind van die Vogue Knitting-tydskrif. Sowat 200 breiklasse, 10 modevertonings en ’n breiwerkgallery sal deel uitmaak van die ekspo.
 
Nuwe gier
Me. Trisha Malcolm, redakteur van Vogue Knitting, sê volgens hul jongste inligting het die gebruik van sybokhaargare toegeneem. Dit kan aan ’n toename in verkope gesien word. Sy sê ’n maatskappywoordvoerder het dié toename aan die Mohair/Vogue Knitting-kompetisie toegeskryf.
 
“Sybokhaar raak ook vinnig die gare van keuse vir uitbeeldende en innoverende ontwerpe, en met die toename in die gewildheid van brei, kan ons nie meer in ons skik wees dat Sybokhaar SA ons hoofborg is nie,” vertel Malcolm.
 
Me. Lindsay Humphreys, SSA se bemarkingskoördineerder, sê hulle fokus op vennootskappe wat die verbruik van sybokhaar sal verbeter, en derhalwe sal lei tot ’n volhoubare vraag na die vesel en winsgewendheid van die bedryf.
 
Die ekspo sal die plaaslike bedryf aan Vogue Knitting se lesersgetal van sowat 206 000 bekend stel, asook aan sy webtuiste en sosiale netwerke.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights