Deur NICO VAN BURICK
30 September 2009

2119 keer gelees | 1 kommentaar

Meer as 600 kommersiële plase in staatsbesit sal nou op ‘n bruikhuurgrondslag aan nuwelingboere beskikbaar gestel word.


Die staat het al meer as 600 kommersiële plase teen sowat R2,6 miljard gekoop wat op ’n bruikhuurgrondslag aan nuwe boere beskikbaar gestel word, sê mnr. Mdu Shabane, adjunk-direkteurgeneraal van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.

Hy het in Pietermaritzburg gesê dié plase is gekoop as deel van die program om landbougrond te bekom. Dit is vir sy departement ’n voorrangsaak om ’n nuwe generasie boere suksesvol op die grond te vestig. Hy sê daar is ook R250 miljoen opsy gesit vir steun aan die boere met produksiehulpmiddele en ander ondersteuning.

“Dit is iets wat die departement nog nie voorheen gedoen het nie en ons begin nog in hierdie geldjaar daarmee.” Shabane sê een van die probleme wat ondervind word is die feit dat die staat die grondeienaar is. Omdat huurders nie die grond as sekuriteit kan aanbied nie, kan hulle nie produksielenings bekom nie.

’n Kredietgerief is geskep om produksielenings te onderskryf wat deur finansiële instellings toegestaan word.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 2 Oktober 2009.

30 September 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Jan Kotze

2009/11/14 05:16:19 PM

Wat is die kans dat hulle n wit boer die geleentheid sal gee??????

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights