3 November 2009

2032 keer gelees | 0 kommentaar

Grondeise in die Suid-Kaap en Klein-Karoo is gevries weens ’n begrotingstekort.


Grondeise in die Suid-Kaap en Klein-Karoo is tot volgende jaar gevries weens ’n begrotingstekort. Mnr. Gert Hufkie, voorsitter van die Suid-Kaap- en Karoo-grondrestitusie-forum, sê sowat 5 000 eisers in dié gebiede wag tans op geld.

Hy sê mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het ingestem om sommige van die betrokke grondeisers vandeesmaand te besoek, lui ’n berig in The Herald. Hy sal teen middel vandeesmaand die kwessie heroorweeg, maar as daar geen geld beskikbaar is nie, sal eisers tot aanstaande Maart moet wag.

“Ons wag al 13 jaar lank vir ’n skikking. Party mense is al oorlede terwyl hulle vir hul geld of grond gewag het,” sê mnr. Christiaan Tamboer, een van die eiers van Kraaibos. Hufkie sê die begroting vir grondhervorming is vanjaar in die eerste drie maande opgebruik.

Bron:
The Herald

3 November 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights