24 Julie 2012

909 keer gelees | 0 kommentaar

’n Tweede Suiwelervaring word vanjaar by Sandringham in die Wes-Kaap aangebied om die “lewendige bedryf” te vier.


Uiters gunstige terugvoering is vanuit die landbougemeenskap in die Wes-Kaap ontvang oor die eerste Suiwelervaring wat verlede jaar plaasgevind het, derhalwe word ’n tweede suiweltentoonstelling nou beplan. Die tweede Suiwelervaring sal op 2 en 3 November op Sandringham buite Stellenbosch aangebied word.
 
Luidens ’n verklaring sê Agri Expo: “Dié ervaring vier die totale waardeketting van suiwel in ’n provinsie wat voorloop ten opsigte van melkproduksie.”
 
Die geleentheid sal die Wêreld-Suiwelberaad wat in November vanjaar vir die eerste keer in Kaapstad gehou gaan word, voorafgaan. “Die feit dat twee geleenthede wat met suiwel spog, rug aan rug in die Wes-Kaap aangebied word, beklemtoon die belangrikheid van hierdie lewendige bedryf,” sê mnr. Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo.
 
Gebeure
Een van die hoogtepunte van die Suiwelervaring is die nasionale kampioenskapsbyeenkoms vir Suid-Afrikaanse melkbokke wat aangebied sal word. Sowat 300 bokke sal in 160 verskillende klasse deelneem.
 
Verder sal topdiere uit drie suiwer suiwelbeesrasse, Holstein, Jersey en Ayrshire, van die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Suid-Kaap meeding in die onderskeie ras- en interraskampioenskappe – asook vir die hoogste eer: Absa se Suiwelkoningin van die Jaar 2012. ’n Jeugskou-element, wat ’n belangrike rol speel in beroepsbewusmaking, word ook beplan.
 
Oud en jonk sal ook kan leer hoe om botter, kaas en sjokolade te maak by Woolworths se suiwelspens, terwyl verskillende kompetisies vir roomys-eet ook aangebied sal word.
 
Meer inligting is by www.capedairy.co.za beskikbaar.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights