Deur GERRIT SCHAAFSMA
13 Augustus 2012

610 keer gelees | 0 kommentaar

Van Ryn’s se 12-jaar oue brandewyn is in die onlangse Internasionale Wyn en Spiritualieë-kompetisie (IWSK) weer met die prys vir die beste brandewyn ter wêreld bekroon.


Hierdie brandewyn het ook in 2004 en 2005 dié gesogte prys gewen. Duisende produsente van oor die wêreld heen neem elke jaar aan die kompetisie deel. Die brandewyn word deur middel van ’n blinde proesessie en chemiese analise gegradeer.

Me. Marlene Bester, bestuurder van Van Ryn’s op Stellenbosch, sê die geheim van ’n goeie brandewyn is om met goeie wyn te begin. “Die klimaat in Suid-Afrika is baie goedvir dié soort wyn wat ons vir brandewyn gebruik,” sê Bester.

Sy meen ook Suid-Afrika se streng regulasies en wetgewing rondom die produksie van brandewyn is verantwoordelik vir die gehalte van die brandewyn wat hier geproduseerword. “Ons standaarde is baie hoog en ons het die afgelope paar jaar bewys dat ons met die beste ter wêreld kan meeding,” sê Bester.

Van Ryn’s gebruik ’n dubbele distillasieproses wat in koperpotte plaasvind, om die wyn te stook. Van Ryn’s het ’n span proemeesters wat seker maak dat die brandewyn van ’n hoë standaard is.

“Die lede van ons proepaneel word almal opgelei om hul palette te ontwikkel om die geure in die brandewyn te identifiseer,” sê Bester. Sy sê die 12-jaar-brandewyn het komplekse geure.

Distell het 17 van die 22 goue medaljes wat aan Suid-Afrikaanse produsente toegeken is, gewen. Ander Suid-Afrikaanse brandewyne wat in die kompetisie gepresteer het, is die KVW se 20-jaar-brandewyn en Oude Meester se 18- en 20-jaar-brandewyn.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights