Deur ALANI JANEKE
1 November 2012

469 keer gelees | 0 kommentaar

Die Verenigde Nasies se bepalings oor die vrystelling van kweekhuisgasse maak nie sin nie, sê CGIAR, wat aanvoer die voedselproduksie se aandeel 29% is.


Die Verenigde Nasies se bepalings oor die vrystelling van kweekhuisgasse maak nie sin nie, sê CGIAR, wat aanvoer die voedselproduksie se aandeel 29% is.
 
’n Studie deur ’n landbounavorsingsorganisasie, CGIAR, bepaal dat voedselproduksie wêreldwyd sowat 29% tot die vrystelling van kweekhuisgasse bydra. Die organisasie het die ganse bedryf, van ontbossing, kunsmisproduksie tot vervoer, se bydrae tot gasvrystelling by sy studie ingesluit.
 
CGIAR se verslag, Klimaatsverandering en voedselsisteme, sê baie meer moet gedoen word om die vrystelling van kweekhuisgasse in die produksie van voedsel te beperk. Luidens ’n berig op News24.com bevindl die studie dat die bedryf verantwoordelik is vir tussen 19% en 29% van die gasvrystelling, wat amper dubbel soveel is as die 14% wat deur die Verenigde Nasies bevind is.
 
“Vanuit ’n voedseloogpunt maak (die VN se benadering) nie sin nie,” aldus mnr. Bruce Campbell, hoof van landbou, klimaatsverandering en voedselsekerheid by CGIAR.
 
Radikale veranderings
Die studie stel radikale skuiwe in baie lande voor, wat nie net vrystelling sal beperk nie, maar ook koste kan verminder. Dit stel voor dat China kunsmis doeltreffender kan produseer en vrystelling beperk, terwyl dit meen Brittanje kan vrystelling verlaag deur lams- en skaapvleis in te voer van meer effektiewe plase in Nieu-Seeland pleks daarvan om self skape aan te hou.
 
Dit stel ook wêreldwye veranderinge in die mens se dieet voor, deur meer vegetaries te eet en weg te beweeg van vleis. “Om gewasse te verbou om koeie, varke of skape te voer, gebruik baie meer grond en stel meer kweekhuisgasse vry as verbouing vir menslike verbruik,” aldus die organisasie.
 
Verder het die CGIAR bevind dat klimaatsverandering die verbouing van die drie grootste gewasgroepe, mielies, koring en rys, in die komende dekades in ontwikkelende lande gaan laat afneem. Dít kan boere dwing om gewasse wat meer hitte-, vloed- en droogtebestand is aan te plant, soos gars, akkerbone, lensies en piesangs.
 
Bron: News24.com
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights