Deur CHARL VAN ROOYEN
31 Augustus 2012

1970 keer gelees | 5 kommentaar

Groot pryse is op die spel in ’n kompetisie vir die beste landboufoto, aangebied deur die Vaalwater-wildsfees en Landbouweekblad.


’n Digitale kamera en ’n wegbreek-naweek is die groot pryse in dié kompetisie. Die Vaalwater-fees word op 28 en 29 September op Vaalwater gehou. Hierdie fotowedstryd is deel van die lekker verrigtinge. Enige Suid-Afrikaner mag daaraan deelneem, buiten mense verbonde aan die feesbestuur, borge en Media24.

Verder kan enige fotograaf of amateurfotograaf begin foto’s neem van iets op die plaas, hetsy die wildbedryf of algemene landbousektor.

Die pryse is ’n digitale kamera en ’n gratis naweek met die komplimente van Blinkwater Lodge. Die beste foto’s sal in Landbouweekblad verskyn.

Inskrywings moet in elektroniese formaat gestuur word aan: vaalwaterwildsfees@mail.com. Dit moet die beoordelaars voor die aanvang van die wildsfees bereik. Mnr. Jan Horn kan by sel 081 509 3066 vir nadere besonderhede geskakel word.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Mouton van Zyl

2012/09/03 03:53:42 PM

Wat is die riglyn vir die foto's m.a.w watter tema


corlivdm

2012/09/03 03:59:52 PM

@Mouton: Enige navrae kan aan mnr Horn gerig word by 081 509 3066. Groete, Corli


Aletta

2012/09/04 01:15:29 PM

Hoeveel foto's mag elkeen inskryf?


corlivdm

2012/09/04 01:30:55 PM

@Aletta: Enige navrae kan aan mnr Horn gerig word by 081 509 3066. Groete, Corli


Jules

2013/01/24 11:12:38 AM

Hi daar. Geen kommetaar. Wou net weet of ek kan fotos stuur al is die kompetisie verby. Groete

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights