28 September 2012

806 keer gelees | 0 kommentaar

Hier is die wenners van Landbouweekblad se Boerpot-3 kompetisie!


Mnr. Koos Koen van Albertinia is die gelukkige wenner van Landbouweekblad se Boerpot 3-kompetisie! Hy wen ’n JCB Workmax 800D-voertuig. Koen en sy vrou, Nancy, bly op die plaas Onverwacht en boer met skape op 350 ha grond. “Hierdie Workmax gaan lekker werk om smiddae die diere bymekaar te maak,” sê Koen. Nancy sê sy sien ook daarna uit om self met die nuwe voertuig op die plaas rond te ry. 

Koen verduidelik dat dit eintlik te danke aan haar is dat hulle die prys gewen het. “Daar was een week toe al die tydskrifte op Albertinia uitverkoop was, toe ry ons Riversdal toe. Daar het ons die heel laaste Landbouweekblad gekoop en kon dus aan die kompetisie deelneem.” Nancy sê toe sy die inskrywing pos, kon sy voel dat hulle gelukkig gaan wees.

Vroeër vanjaar het Koen amper ’n Land Cruiser by die Nampo-skou gewen. Hy was een van ’n handjie vol finaliste, maar die persoon agter hom in die tou het met die spogvoertuig weggery. Nou, te danke aan Landbouweekblad en Greenfields is Koen die trotse eienaar van ’n splinternuwe JCB 800D.

Ander wenners: 

Nadine James van Calvinia wen ’n Sonpomp-stelsel van HH Electrical;

Walter Buhr van Dundee, KwaZulu-Natal; Suzette van Niekerk van Harrismith en Jannie Coetzee het elk 2 aande by Nyaru Lodge in Mosselbaai gewen;

Zelda Stumke van Port Elizabeth en Piet Bissett van Suiderberg Pretoria het elk ’n Megamaster 540 SE-patio-gasbraaier gewen;

Roelf Fourie van Onderstepoort, Vic Folkus van Hartswater, Enna Burger, Barry Pretorius en Andries Smit het elk ’n handbiltongkerwer van Claasens Design gewen; en

Lunes Louw van Williston en Don Brill van Port Elizabeth het elk ’n elektriese biltongkerwer van Claasens Design gewen.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights