China plaas druk op kripto-geldeenhede

Deur Edwin Smit
8 September 2017
Die grootste kripto-geldeenhede het begin herstel nadat China stappe geneem het om aanvanklike muntaanbiedinge te verbied.

Kripto-geldeenhede is Maandag 4 September 2017 die skrik op die lyf gejaag toe China besluit het om sogenaamde “initial coin offerings” (ICO’s), oftewel aanvanklike muntaanbiedinge, te verbied. Die beweegrede hiervoor was klaarblyklik dat die owerheid begin vrees het dat kripto-geldeenhede in ’n sogenaamde borrel verkeer, en dat die borrel kan bars en groot skade tot gevolg kan hê.

Die grootste kripto-geldeenheid, Bitcoin, het Maandag intradag meer as 10.00% verloor terwyl die tweede grootste kripto-geldeenheid, Etherium, nader aan 18.00% getrek het.

Dit is nie net China wat wonder hoe hierdie tipe geldeenhede beheer moet word nie. In Julie 2017 het die VSA se “Securities and exchange commission” (SEC) genoem dat hierdie geldeenhede gereguleer moet word.

Kripto-geldeenhede is nuut vir almal, insluitend die owerhede. Dit gaan baie dinkwerk kos deur owerhede om met ’n model vorendag te kom om dit te beheer. Die feit dat kripto-geldeenhede nie sentraal gestoor of beheer word nie, gaan dinge net moeilker maak. In elke geval, deel van die hele idee van hierdie tipe geldeenhede is om beheer terug te plaas in die hande van individue, nie owerhede nie.

Ná die Chinese aankondiging het die groter kripto-geldeenhede begin herstel en bykans die helfte van die afwaartse prysbeweging terug gemaak. Die onderstaande grafiek verwys.


Dit wil dus blyk asof kopers van kripto-geldeenhede nie die sentiment van owerhede deel nie. Sommige kripto-geldeenhede het ‘n maksimum hoeveelheid munte wat ooit sal bestaan, byvoorbeeld 21 miljoen munte in Bitcoin se geval. Dit is in kontras met owerhede wat geldnote en munte kan druk na willekeur.

Soos in ’n vorige artikel genoem, die wêreld van kripto-geldeenhede is nog baie nuut en daar is onduidelikheid oor die toekoms. Die beste raad is om ’n baie klein deel van ’n portefeulje, minder as 2.50%, bloot te stel aan hierdie geldeenhede. ’n Portefeulje kan gelyk verdeel word tussen die vier grootste kripto-geldeenhede: Bitcoin, Etherium, Bitcoin Cash en Ripple.

Kripto-geldeenheidbeurse waarop Suid Afrikaners kan transaksies doen sluit in Luno en iceCUBED-X.

* Edwin Smit is ‘n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions, ‘n Gemagtigde Finansiële Dienste Verskaffer van die FSB, met lisensienommer FSP 39889, en ook ‘n geregistreerde JSE finansiële handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Hy praat Maandae aande om 18:45 op RSG Geldsake. Sy kontakbesonderhede is: (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net.

Die volgende dienste word gebied:
Wisselkoers verskansing op BVG se Yield-X (JSE) lisensie. Lesers kan inteken op die daaglikse valuta verslag.
Die ruil van fisiese kontant in samewerking met Absa en Investec: Omskakeling van rande na dollars, euros en ponde, en vice versa. Fondse word direk in kliënte se Absa of Investec bank rekening betaal. BVG Financial Solutions neem dus nie self die geld in ontvangs nie.
“Contracts for difference (CFD’s)”: Kliënte gebruik hierdie instrumente om hulle opinies in die markte uit te druk.
Aandele-portefeuljebestuur in samewerking met Momentum SP Reid Securities. Lesers kan inteken op die daaglikse aandele verslae.


Kommentaar

Kommentaar (3) “China plaas druk op kripto-geldeenhede

  1. Roeks
    Roeks

    Daar bestaan nie ‘n eenheid soos Etherium nie, dit is Ether, Etherium is die protokol soos Bitcoin die protokol is en bitcoin die eehneid.

  2. JJ
    JJ

    Wonderlike artikel.

    Die owerhede mis die pot heeltemal. Die hele konsep agter kripto is dat daar geen instansie beheer daaroor kan plaas nie, mits die belangstelling. Ek persoonlik verkies ICE vir my huidige portfolio. Mense moet vashou en die golf uitry. Daar is nog groot dinge wat kom, saam groot risiko gepaard. Die konsensus wat vorm meen dat BTC na aan 10,000 US sal draai in die toekoms en dan verder meer sal versterk. Of dit waar is kan niemand verseker met sekerheid bewys nie. Maar dit is opwindende tye verseker.

  3. kriptokrap
    kriptokrap

    JJ, so wat jy eintlik probeer se is HODL!


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels