Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Afrikaner-bly-top-vleisbees

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Afrikaner bly top-vleisbees

 
Deur THEUNS BOTHA (landbou@mweb.co.za)

Afrika se beesrasse het
die afgelope dekade ál
gewilder geraak. 'n Goue
geleentheid is egter
verpas deur die
voortydige ontwikkeling
van die moderne
Afrikanerbees. 'n Bekende
teler meen daar moes
eerder op die gebaande
we&euml gebly gewees het.

In die sitkamer van die historiese Rynheath-
herehuis wat uit 1830 dateer en
met 'n onbeperkte uitsig oor Spandaukop
buite Graaff-Reinet, haal mnr.
Johannes van Rensburg (50), die jongste
Afrikanerbees-joernaal te voorskyn.

"Kom, laat ek jou wys hoe die pad byster
geraak is. Kyk na dié bul. Dit is 'n massiewe
dier met regop hakskene wat nóóit hier in
die Karoo sal aard nie. Lyk hierdie koeie
dalk vir jou na Afrikaners?" toets hy my en
tik met sy wysvinger op die foto's van die
verskillende telers se beeste.

Is dit nie net omdat die beeste onthoring
is nie? "Nee, dit is nie al nie. Met ál die infusie
wat deesdae so mode geword het, is dit
'n onreg om só 'n mengelmoes van beeste
in die joernaal te adverteer. Sal 'n Merinoteler
daaraan dink om Dorpers in die Merino-joernaal te adverteer? As jy skoon water
by modderwater voeg, sit jy steeds met
vuilwater. Geen wonder die Afrikanerbeestelersgenootskap
se ledetal het die afgelope
paar jaar so getuimel nie,"sê hy onthuts.

Ek luister aandagtig. Vroe&eumlr die dag toe
op Rynheath foto's geneem is van die Afrikanerbeeste
met hul weglêhorings, het dit
my nostalgies na 'n geraamde afdruk in my
ouma se eetkamer teruggevoer. Daardie
bekende toneel waar die Voortrekkers met
hul ossewaens en Afrikanerosse die Drakensberge
oor is.

En die onthoringde beeste in sy kudde
op Rynheath?

Van Rensburg stik byna in sy tee. "Nee,
jong, die genootskap het in 1999 op 'n boeredag
op Hoopstad gesê dit is nou 'n vereistes
dat alle geregistreerde Afrikanerbeeste
voortaan onthoring moet word omdat die
moderne vleisbedryf dit kwansuis soek.

Soos 'n blerrie 'fool' het ek dit vyf jaar lank
slaafs nagevolg. Dit is totale onsin dat die
diere mekaar met die horings seermaak.
"Oukei, jy sukkel 'n bietjie in 'n drukgang, maar hier is 'n voerkraal wat gereeld
my beeste koop. Hoekom? Omdat die vleis
van dieAfrikaner, Jersey en Angus die fynste
draad en sagste van almal is.

"Daar is 'n wonderlike toekoms vir die
Afrikanerbees met sy horings en al. Mense
het opnuut bewus geraak van die waarde
van inheemse beesrasse. Buitendien is
daar hoeveel ander beesrasse in die land,
soos die Bonsmara, wat regstreeks hul oorsprong
uit die Afrikanerbees het."

As dit so 'n voortreflike ras is soos wat
hy voorgee, waarom word dit, behalwe op
die R10-banknoot, deesdae selde gesien?

"Dit was die koms van die Brahman in die
1960's na die land. Hulle het uitstekend met
die Afrikaners in die Bosveld gekruis. Dit
het die mark vir Afrikanerbulle laat kwyn.
Uiteindelik het die koeikuddes afgeneem.
"Terselfdertyd het persoonlikhede in die
bedryf hulle laat geld en met groot fanfare
'n ander teelrigting begin inslaan. Kommersi&eumlle
boere het hul vingers verbrand
met die vaars wat gekoop is en ál meer hul
rug op die ras begin draai."

Hy vertel dat sy pa, Dicky (83), al in 1945
sy Afrikanerstoetery begin het met diere
wat hoofsaaklik uit die Geldenhuys-bloedlyne
gekom het. Die Geldenhuyskudde
was glo baie eenvormig en die koeie het
baie melk en 'n uitmuntende loopvermo&euml
gehad. Sy pa het, soos die gebruik destyds
was, sy jaarlikse vakansie geneem om met
sy diere te gaan skou. "Ek was maar vyf
jaar oud, toe ek saam met 'n werker die eerste
bulkalf op die Bloemfonteinse skou in
die ring gelei het,"onthou hy trots.

Teen die 1970's was daar meer as 1 200
Afrikanerkoeie en 20 000 ooie op hul plase
by Graaff-Reinet, die Addo-bosveld en Bathurst.
Met die demokratisering van Suid-Afrika teen die 1990's in sig, droogte en
rentekoerse wat die hoogte ingeskiet het, is
die Van Rensburgs, soos talle ander gesiene
Karooboere, deur hul bank gedruk om uitstaande
lenings op kort kennisgewing terug
te betaal. Ondanks dié terugslag het hulle
200 van die beste Afrikanerkoeie gehou.
Hoewel hy 'n opbetaalde lid van die
Afrikaner-beestelersgenootskap gebly het,
is sy diere vandag nie meer geregistreer nie.

"Die Afrikanerbees is my passie én ek maak
geld met hulle. Toegegee, hulle kalf miskien
'n jaar later as ander beesrasse op dro&euml veld
en gee net elke 13 maande 'n kalf, maar hul
langlewendheid en lae onderhoudskoste
vergoed daarvoor. Hier is 'n paar koeie wat
op 20 jaar weer dragtig is."

Hy verduidelik dat Afrikanerbeeste se
langlewendheid daaraan te danke is dat Seboerasse
se tande op 'n hoek afslyt.

Op Rynheath word die koeie van November
tot einde Januarie gepaar. Ingeval
daar koeie is wat nie beset geraak het nie,
word die bulle weer in Maart vir 28 dae by
die koeie gesit. Die kalwers word op die ouderdom van
ses maande gespeen. Die koeie
kry geen byvoeding nie. Net 'n fosfaatlek
gedurende die winter.

Van Rensburg gebruik 'n Nieu-Seelandse
konsultant, mnr. Ian Walsh, wat met
behulp van sonartegnologie die wydte en
diepte van die oogspiere, vetbedekking op
die ribbes en kruisskyf meet. Dit staan as
die Falkirk-indeks bekend.

As die leier van 'n wegbreekgroep van
28 boere, wat hulself die Kaapse Afrikanerbeestelersgroep
noem en saam sowat 2 600
teelkoeie het, kla hy dat dit prestasietoetsing
en BLUP is wat in die telers se keel afgedruk
is, wat hulle tot dié stap gedwing het.

"Van 1991 af het die mense 'prestasietoetsmal'
geword. As dit só 'n goeie ding
vir die ras was, waarom het die ledetal van
die genootskap van 125 tot 61 lede gedaal?
Hoekom is daar dan nie méér bulle bemark
nie? Laat ek jou sê, dit is nié die boere wat
met ander rasse boer wat ons vyand is nie.
Dit is die onderlinge getwis tussen lede wat
die grootste onreg aan die ras doen.

"Familievetes wat uit die Boere-oorlog
dateer, is nog aan die orde van die dag. Dit
is infusies wat dinge omgekrap het. 'n Mens
wonder watter druk daar van die Instituut
vir Diereverbetering op Irene is om dié
koers in te slaan. In 1990 was Sanganers die
geur van die maand, nou is dit weer Afsims.

Is die infusies nie bloot daarop gemik om
die Afrikaner tot niet te maak nie? Hoekom
verkoop daardie telers nie hul Afrikaners
en skaf vir hulle die ander rasse aan nie?"
wonder 'n omgekrapte Van Rensburg.

Vir hom is die ideale Afrikanerbees 'n
klein- tot mediumraam dier wat op die veld
gedy, vrugbaar is en 'n bulkalf van 200 kg
en 'n verskalf van 175 kg teen die ouderdom van
ses maande op die veld speen. Dié
bees moet ook 'n karkas hê wat die regte
bespiering op die regte plekke het - daar
waar die duur snitte is.

Of die Kaapse groep dit sal oorweeg om
weer lede van die genootskap te word, sê
hy dat dit 'n vae moontlikheid is mits die
voorsitter van die genootskap nie self 'n
stoetteler is nie en die verteenwoordigers
in die raad oor die land versprei is. "Ons
groep besit uitstekende diere wat enige dag
net so goed soos die geregistreerde diere
is. Daar word volledig boekgehou van die
koeie en kalwers se stambome. Al wat ons
nié het nie, is die papiere. Hoekom R35 per
bees vir registrasiegeld betaal en dan word
daar teen jou gediskrimineer die dag as jy
beeste op 'n veiling wil verkoop?

"Laat ek jou vertel,"lig hy my vertroulik
in, "hier kom al hoe meer van die geregistreerde
telers uit die Vrystaat en die Noorde
wat stil-stil by ons beeste kom koop."

Die lang wyser van die horlosie stap aan
na twaalfuur. Ons staan op en gaan loop
'n draai. Die sterre skyn helder in die soel
maanlose Karoonag. "Ek verstaan nie ander
beesrasse nie. Daar is nie 'n trotser dier
op aarde as die koedoe en Afrikanerbees
nie. Waarom dit staan en verander? My
droom is dat almal die bees vooropstel en
dat bulle op veilings volgens die Falkirkstelsel
getoets word. Dán kan die kopers
besluit watter prys hulle wil betaal en kan
ons weer vorentoe beweeg,"sug hy.

Wetenskap kan nie negeer word

Landbouweekblad het
mnr. Johannes van
Rensburg, Afrikanerboer
van Rynheath,
Graaff-Reinet, se
siening oor die teelbenaderings
in moderne
Afrikanerboerderye na
dr. Pierre van Rooyen,
hoofbestuurder van SA
stamboek verwys. Van
Rooyen se reaksie was
soos volg:

"Beesboerdery is vandag, soos enige
ander boerderyvertakking, 'n besigheid. Die
boer sal nie oorleef as dit nie op daardie
wyse bedryf word nie. Soos in enige besigheid
meen ek egter dat jy nie 'n sukses kan
maak van 'n onderneming waarvoor jy nie
lief is nie. Jy moet dus hou van die diere
waarmee jy boer, maar dit is ongeveer waar
die estetiese moet ophou.

"Want: Dit is vandag, weens die produksiekoste
in boerdery en beskikbare arbeid,
ongelukkig so dat daar nie veel plek vir die
estetiese is nie. Soos in enige besigheid wat
vandag wil gedy, moet die beesboer eenvoudig
alle beskikbare hulpmiddels en tegnologie
gebruik om hom in staat te stel om genoeg
objektiewe inligting te hê om die regte besluite
op die regte tyd te kan neem.

"Prestasie- en registrasie-aantekening
by stoettelers met BLUP-teelwaardes wat
daaruit voortvloei, is van die waardevolste
hulpmiddels tot die veeteler se beskikking.
Hy kan daarsonder eenvoudig nie sinvolle
besluite neem vir volhoubare genetiese
vordering in sy kudde nie.

"Natuurlik kan hy ook nie sonder 'n ander
'hulpmiddel' naamlik sy ervaring en kennersoog
klaarkom nie. Dit is egter hoofsaaklik
subjektief en moet aangevul word met dit
wat objektief gemeet word. 'n Fyn balans
tussen die objektiewe en subjektiewe - met
'n tikkie van die estetiese, vir die liefde van
die saak - moet ontwikkel word. Die een kan
nie sonder die ander nie."

Ook mnr. David van der Linde, voorsitter
van die Afrikaner-beestelersgenootskap
het op Van Rensburg se siening reageer. Hy
beklemtoon dat net foto's van rasegte Afrikanerkoeie
en -verse in die joernaal gebruik
word. Geen adverteerder het enige foto's
van infusiebeeste geplaas nie.

"Die onthoorning van beeste is en was
nog altyd vrywillig. Prestasietoetsing is in
geen stadium aan enige teler opgedwing
nie. Die besluit is deur 'n oorgrote meerderheid
lede op 'n jaarvergadering aanvaar
as 'n vereiste vir stoetteling. Ons doen ouerskapkontrole
en net geregistreerde diere
word by Stamboek opgeteken.

"Infusie is primêr voorgestel om die ras
se genepoel te vergroot . Die voorstel kom
van een van ons land se topveekundiges,
prof. Fanie Schoeman van Stellenbosch. Infusie
geskied ook net met die samewerking
van die telersgenootskap.

"Dit is tog logies dat net 'n stoetteler
voorsitter van 'n genootskap kan wees
en derhalwe word dr. Pierre van Rooyen
se standpunt heelhartig ondersteun. Ek
rig hiermee 'n uitnodiging aan enige teler
wat die telersgenootskap se beleid van
prestasietoetsing, BLUP-teelwaardes en
minimum produksiestandaarde toepas,
om hulle as lede aan te sluit. Hierdie riglyne
word as 'n vereiste vir lidmaatskap
gestel en die waarde daarvan is voor die
hand liggend,"sê Van der Linde.

Landbouweekblad, 25 April 2008

5
 
 
  • 2197 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Plaasaanvalle hou aan - TLU SA
  • Charolais staan nie terug
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction