Deur JAN BEZUIDENHOUT
27 September 2012

741 keer gelees | 0 kommentaar

Die jeug moet onverpoosd van die landbou bewus gemaak word, sê mnr. Johan Ehlers van Agri-Expo.


“In ‘n provinsie waar die landbou ‘n integrale rol speel in die samelewing en ‘n beduidende bydrae lewer tot die ekonomie, is dit belangrik dat die jeug onverpoosd bewus gemaak word van die verskeidenheid loopbaangeleenthede in dié bedryf.”

Só sê mnr. Johan Ehlers, hoof-uitvoerende beampte van Agri-Expo, die landbougenootskap wat hom vir meer as 180 jaar beywer vir die bevordering van die beeld van die landbou in die Wes-Kaap. 

Die Kaapse suiwel-ervaring, wat van 2 tot 3 November by Sandringham buite Stellenbosch plaasvind, sowel as die SA Kaasfees, is twee van die geleenthede waar Agri-Expo met groot sukses die produsent en die verbruiker byeenbring om landbou te vier. “Agri-Expo gebruik beide hierdie geleenthede om seker te maak dat kinders ‘n landbou-ervaring het wat hulle opvoed, maar terselfdertyd opgewonde en nuuskierig maak oor die moontlikhede wat die bedryf in terme van loopbane bied,” verduidelik Ehlers.

Jeugskoue ook ingesluit
Agri-Expo het dan ook die Jeugskoue by die Kaapse suiwel-ervaring ingesluit vir presies hierdie rede. “Dié sportsoort is nog nie so bekend onder stedelinge nie,” sê mnr. Breyton Milford, projekkoördineerder van Agri-Expo en voorsitter van die Wes-Kaapse Landbou-jeugvereniging. 

“Die Jeugskou is ‘n erkende sportsoort waar leerders tussen die ouderdomme van 7 en 18 hul vermoë om diere in ‘n skouring te hanteer, tentoonstel.  Dis toeganklik vir seuns en dogters en vir leerders van alle gemeenskappe – selfs diegene wat nie toegang tot plaasdiere het nie.  Hierdie leerders ontwikkel dan ‘n liefde vir landbou deurdat hulle leer hoe om ‘n verskeidenheid diere te versorg, vir ‘n skou voor te berei en dan in ‘n skouring te hanteer.” Agri-Expo het ‘n fundamentele rol gespeel in die stigting van die Wes-Kaapse Landbou Jeugvereniging in 1999.

“Ná die sukses van verlede jaar se jeugskou vir beginners tydens die eerste Kaapse suiwel-ervaring het ons besluit om meer jongmense die geleentheid te bied om ‘n bok of koei in die skouring rond te lei,” vertel Breyton.  “Een van die hoogtepunte vir die jongspan is ongetwyfeld die Kaapse Holstein Jeugskou-kampioenskap wat vanjaar aangebied word ter viering van die Holstein-telersgenootskap se eeufeesvoeringe. Ervare leerders sal in formele drag in drie ouderdomsgroepe deelneem en beoordeel word op grond van die kwaliteit van hul voorbereiding van hul diere en daarna op grond van hul skoumanskap in verskeie klasse.”

Die suiwel-ervaring bied natuurlik ook hope pret en plesier vir die kleinspan, met kamma-koeie wat gemelk kan word, hondevertonings, roomys-eet-kompetisies en nog meer.

Besoek www.capedairy.co.za vir meer inligting of kontak Breyton Milford by breyton@agriexpo.co.za of Mariana Rabie by mariana@agriexpo.co.za of 021 975 4440.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights