8 Oktober 2012

727 keer gelees | 0 kommentaar

Die Aldam-vleisbeesskool word vanjaar van 17 tot 19 Oktober by die Aldam-oord naby Ventersburg in die Vrystaat gehou.


Die vleisbeesskool het ontwikkel in een van die wêreld se voorste opvoedkundige landboukundige gebeurtenisse met inligting oor lewende hawe en dit lok van die wêreld se beste sprekers. Gassprekers vanjaar sluit in prof. Steve Miller, die direkteur van die Sentrum vir Genetiese Veeverbetering aan die Universiteit van Guelph in Kanada. Miller sal twee praatjies aanbied. Die eerste praatjie sal fokus op die vereistes om ’n volhoubare en winsgewende vleisbeesboerdery te bedryf, terwyl die tweede praatjie sal fokus op diereseleksie vir doeltreffendheid. Mnr. Ian Locke van Australië se aanbieding sal handel oor die bestuur van ’n volhoubare beesvleisproduksie-onderneming, geskoei op die Australiërs se ervaring van sake. Hy sal ook praat oor seleksie in terme van ekonomies belangrike eienskappe. Dr. Roger Hunsley, wat reeds sedert die begin van die Aldam-skool drie jaar gelede betrokke is, gaan weer die slagos-komponent behartig. Hunsley, tesame met Martin Seyfferdt, gaan ook die beoordeling van beeste hanteer.

Plaaslike gassprekers sluit in mnr. Ian Crook, algemene bestuurder van Pick n Pay-slaghuise, mnr. Dave Ford, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, en mnr. Ryno van der Merwe, voorsitter van die Namibiese Landbou-unie. Afgevaardigdes sal weer kan kies uit ’n verskeidenheid praktiese sessies wat rantsoene, teling, weidingkunde, die evaluering van beeste en finansiële bestuur sal insluit.

Daar is nog ’n paar plekke beskikbaar. Inskrywingsvorms is beskikbaar op die webwerf www.stockmanschool.co.za of bel me. Charmaine Alberts by tel. 051 821 1783.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights