‘n Toename in die voorkoms van verskillende stamme van aansteeklike brongitis bedreig die hoenderbedryf wêreldwyd, sê kenners.
Luidens ‘n berig in Meat Trade News Daily versprei die siekte vinnig en veroorsaak dit ‘n groot aantal vrektes. Dr. Sjaak de Wit van die Dieregesondheidsdiens in Holland sê sekere stamme bly langer in die dier, terwyl ander kom en gaan en later weer voorkom. Hy het onlangs die SA Pluimveevereniging se kongres in Johannesburg toegespreek.
“Ons ondervind deesdae meer uitbrekings, en dit raak ernstiger ondanks normale inentings,” sê De Wit.
Simptome van die siekte
Simptome van die siekte sluit in niesbuie, asemnood, vloeistof uit die neus en ‘n geswelde kop. Dit veroorsaak onder meer ‘n swak eetlus en stadiger groei, laer eierproduksie, ‘n toename in produksie van tweedegraadse eiers, probleme met testes en inwendige probleme.
Inentings teen elke stam van die siekte is beskikbaar, en De Wit raai gereelde inenting aan. Hy sê inentings vir verskeie soorte brongitis sal voordelig wees, hoewel nie elke tipe brongitis sy eie spesiale entstof het nie.
8 Julie 2010
Kommentaar
Die probleem kan deur die volgende produk gehelp word. Poultry Assist. Gaan na silversa.weebly.com vir meer info.
Die produk sal jou kan help. email: vanwykjr@gmail.com
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)