Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Ander-diere / Ander-diere / Krisis-vir-leeus-aanhouding

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Krisis vir leeus in aanhouding?

 
Deur ALANI JANEKE
Leeutelery. Foto: LIEZL VERCUEIL
Leeutelery. Foto: LIEZL VERCUEIL

Die sowat 3 500 leeus wat tans in aanhouding in Suid-Afrika leef, staar ‘n oorlewingskrisis in die gesig, meen die NGO Alliance Grouping - ‘n groep nie-regeringsorganisasies.

Luidens ‘n verklaring het die groep onlangs met die Departement van Waterwese en Omgewingsake vergader om dié situasie te bespreek.

Die groep meen die moontlike krisis kan voortspruit uit ‘n beslissing wat verlede jaar in die Vrystaatse Hooggeregshof gemaak is. Regter Ian van der Merwe het in Junie 2009 bevind dat die Regulasies vir Bedreigde en Bewaarde Spesies toepasbaar is. Hy het die feit dat leeus in aanhouding geteel en grootgemaak word, en dan gejag word as “afgryslik en waglik” beskryf.

Appèl is egter teen die bevinding aangeteken, en die regulasies sal nie toegepas word voordat die appèlaansoek aangehoor is nie. 

Kommer oor lewensgehalte van die leeus
Die groep sê hoewel die regulasies die jag van leeus in aanhouding sal stopsit, heers daar kommer oor die lewensgehalte van dié diere, asook hul toekoms.

“Die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging (SAPBA) het gewaarsku dat die toepassing van die regulasies dié tipe jag onekonomies gaan maak en baie telers kan dan hul leeus eerder doodmaak as om geweldige uitgawes aan te gaan om hulle te hou en te versorg,” lui die verklaring.

Die groep het derhalwe sekere voorstelle aan die departement gemaak, en sal binnekort ‘n volledige plan van aksie aan die departement voorlê. Me. Karen Trendler, ‘n woordvoerder vir die groep, sê: “Ons is daartoe verbind  om hierdie leeus die versorging wat hulle toekom, te gee. Ons sal ons kundigheid en kennis, waar nodig, met die departement deel om ‘n moontlike krisis af te weer.”

Teling van leeus vir bene
Intussen sê Trendler daar is ook kommer oor voorstelle vanuit kommersiële leeutelers se geledere, wat deur sekere provinsiale regerings ondersteun word, dat leeus vir hul bene geteel moet word. Die kwessie is ook voor die deur van die departement gelê vir verdere bespreking.

Sy sê ‘n groot vraag bestaan vir leeubene, veral vir die produksie van tradisionele medisyne in die Ooste en in China. “Dit word ook as meer aanvaarbaar beskou om leeubene te gebruik as dié van ‘n tier – wat aanvanklik gebruik is – aangesien leeus minder bedreig as tiere is.”

Volgens Trendler word leeubene ook in poeiervorm gebruik as pynmedikasie. Soms word dit voorgeskryf vir ‘n pasiënt wat krag en mag soek.

“Chinese leeuwyn is ook hoog op aanvraag. Dié wyn word gemaak deur die beenpoeier in die wyn te gooi, of soms om die bene of heel karkasse in die wyn in wynvate te laat lê vir ‘n tyd. Dit word weer eens beskou as ‘n produk wat mag en fisiese krag aan ‘n individu kan gee, maar dit het eintlik geen uitwerking op die menslike stelsel nie,” verduidelik sy.

10 Junie 2010

5
 
 
  • 2632 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Insetkoste-vooruitskatting
  • Waar kry jong boere hulp
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction