Onwettige skilpadhandel vasgevat

 
'n Luiperdskilpad. Foto: www.wallpapersweb.org
'n Luiperdskilpad. Foto: www.wallpapersweb.org

Ses onwettige skilpadhandelaars is die afgelope twee weke deur die Groen Skerpioene en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Rustenburg-omgewing aangekeer. Luidens ‘n verklaring van die provinsiale Departement van Landbou en Omgewingsake het die twee groepe op onwettige handelaars van luiperdskilpaaie in die Rustenburg-omgewing toegeslaan.

Volgens die Groen Skerpioene het die verdagtes langs die N4 tussen Mosenthal, Hartebeesfontein en Bethanie handel gedryf, sê die departement. Die groep sou vir een skilpad tussen R250 en R700 vra, afhangend van die grootte van die skilpad.

Vermeld onwettige dierehandel
Die publiek slaan ag op mnr. Boitemelo Tshwene, LUR vir landbou en omgewingsake in Noordwes, se versoek om onwettige handel aan te meld, sê mnr. Tshepo Moremi, direkteur vir omgewingsake. Daar is beslag gelê op 11 skilpaaie en ‘n waentjie.

Die departement en die Polisie doen ‘n beroep op die publiek om nie enige wilde diere van enige persoon wat nie ‘n permit van die departement het, te koop nie.

Tydens nog ‘n voorval is nog twee verdagtes by ‘n museum in Mafikeng in hegtenis geneem vir die onwettige verkoop van luiperdskilpaaie.

19 Februarie 2010

0
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

die regering gee nie om vir die boere nie. solank hulle rol in die geld maqak niks anders saak nie.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.