Die stryd om die owerhede te laat besef hóé ernstig die probleem van skadeveroorsakende diere werklik is, het waarskynlik sy draaipunt bereik, sê mnr. Petrus de Wet, voorsitter van die Probleemdierbestuursforum (PBF) en pas uitgetrede voorsitter van die NWKV.
Hy het op die SA Sybokhaarkwekersvereniging se kongres in Port Elizabeth gesê hy dink die Departement van Omgewingsake begin anders dink oor dié probleem.
Die groot skade wat roofdiere, soos jakkalse en rooikatte, aan die bedryf aanrig, is ernstig op die kongres bespreek.
Die gevoel is dat die probleem al hoe erger word en nou ’n punt bereik het waar dit buite beheer raak.
De Wet het gesê hy wil graag sien dat die landbou besig is om hierdie “oorlog te wen”, maar is huiwerig om dit reeds as ’n finaliteit te aanvaar.
Meer in Landbouweekblad van 24 Junie 2011
17 Junie 2011
Kommentaar
Ek soek jakkals jag en enige probleem diere werk her op n plaas groot geword in die bosveld Bly nou nog in die uk boer skaape ek skiet foxes vir 30 boere ek skiet 500 foxes n jaar enige boere wat my kan help met werk bereid om vir n klomp boere te skiet dis die enigste manier om die probleem op te Los !!! Dit vat tyd maar die genot wat dit my gee om te weet die boere waardeur dit Dankie
PROBLEEM DIER JAG. GEEN HOK, GIF, STRIK OF NAG SKIET. KOSH AREA .SAT. OF SON.
ek is in marble hall area en sal ook graag wil help waar ek kan met die skiet van varke en jakalse in my omgewing my email adres is brand@mhcitrus.co.za
Ek het al redelik ondervinding van jakkalsjag en hul gewoontes. As iemand wat nie weet wat hy doen nie by jou kom skiet kan dit meer kwaad as goed doen. As 'n jakkals eenmaal in die nag mis geskiet was kan jy maar vergeet om hom weer met 'n lig in die nag in te roep. Boere moet dus versigtig wees om hulle nie net slimmer te maak nie, dit kan dit in die toekoms baie moeiliker maak om hulle uit te roei as jy regtig groot probleme het.
Ek het redelik kontakte met jagters wat roofdiere roep met klank toerusting en jag. Gewoonlik doen hulle dit vir hul eie plesier binne 'n sekere afstand en verwag net 'n slaapplek en 'n bord kos. Kontak my gerus via e-pos, vermeld area, tipe roofdiere en die omvang van die probleem en ek sal probeer om 'n paar jagters bymekaar te kry.
Stefanus, Met graagte help ek ook boere met probleemdiere, solank ek net nie Kairo toe hoef te ry vir dit nie. Spesifiseer oor die area/ provinsie asb
Onbekende besoeker, ek het jou dienste baie nodig. Kontak my asb.
Boere, ek sal met graagte julle probleem diere kom uitwis
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)