Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Ander-diere / Ander-diere / Produksie-van-vleis-sa

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Produksie van vleis in SA

 
Deur KOBUS SMIT
Hoenders. Foto: LBW
Hoenders. Foto: LBW

Hoendervleis bly die gewildste vleissoort in Suid-Afrika, gevolg deur beesvleis, maar varkvleis is nou gewilder as skaapvleis, soos wat die per capita verbruik aandui.

In ‘n beknopte oorsig oor die SA landbou, is twee artikels gedurende Oktober geskryf waarvan die eerste gehandel het oor akkerbouprodukte (Mielies en suikeriet gee pas aan  ) en die tweede oor tuinbouprodukte (Syfers agter vrugte en groente ). In hierdie, die derde en laaste artikel in die reeks, kyk ons kortliks na diere en diereprodukte. ‘n Ontleding van die statistiek word gedoen oor die tien jaar tydperk van 1998/’89 tot 2007/’08.
 

Suid-Afrikaners boer met verskeie diere waarvan beeste, skape, varke en witvleis (hoofsaaklik hoenders) die belangrikste is. Ander belangrike diersoorte sluit volstruise en wildboerdery in. Daar is hoofsaaklik drie redes vir veeboerdery, nl. stoetteling, slagvee en dan vir die spesifieke produk wat van die dier verkry word, soos melk, wol, eiers, en so aan.

Aantal diere en aantal diere geslag
Die aantal beeste het die afgelope dekade baie konstant gebly op sowat 13,9 miljoen. Die aantal beeste geslag het egter met sowat 33% toegeneem van 2,2 miljoen tot 2,9 miljoen. Skaap- en bokgetalle het in die tyd met sowat 10% afgeneem van 26,8 miljoen tot 24,1 miljoen. Die aantal diere geslag het egter konstant gebly op sowat 5,8 miljoen. Varkgetalle, wat moeilik vasgepen kan word weens die vinnige aanteel- en slagprosesse, het ook met sowat 10% gedaal gedurende die afgelope 10 jaar van 1,78 miljoen na 1,62 miljoen.
Die aantal diere geslag het egter toegeneem van 2 tot 2,6 miljoen. Op die oog af lyk dit of daar ‘n anomalie in die statistiek is omdat meer varke geslag word as wat daar diere in die land is. Die rede is dat ‘n sog se dratyd minder as vier maande is en sy meervoudige werpsels het teenoor skape en beeste wat langer dragtig is en hoofsaaklik enkelinge in die wêreld bring. Verder word varke ook op relatief jong ouderdom geslag.

Produksie, verbruik van vleis
Die produksie van bees- en varkvleis het sterk toegeneem die afgelope dekade. Beesvleis het gegroei van 512 000 ton tot 809 000 ton (58%) en varkvleis van 119 200 ton tot 189 900 ton (59%). Die toename in skaapvleisproduksie was heelwat kleiner - van 104 900 ton tot 121 300 ton (15,6%).
Gedurende 2008 is 61 000 ton beesvleis en byna 45 000 ton skaapvleis ingevoer. Dit is ook ongeveer die gemiddelde invoere vir die twee produkte die afgelope dekade.
Die verbruik van veral varkvleis het baie skerp toegeneem van 126 000 ton tot 208 000 ton in 2008. Dit is ‘n toename van 65%. Die styging in die verbruik van beesvleis was 53%, van 560 000 ton tot 859 000 ton verlede jaar. Die verbruik van skaapvleis het redelik min gestyg van 154 000 tot 164 000 ton (6%).
Van die drie rooivleisprodukte gee Suid-Afrikaners voorkeur aan beesvleis. Vir baie jare was skaapvleis die tweede gewildste rooivleisproduk maar sowat vyf jaar gelede, in 2004, het die per capita verbruik van varkvleis die van skaapvleis verbygesteek. Verlede jaar is 17,9 kg beesvleis per persoon in SA verbruik, 4,4 kg varkvleis en 3,4 kg skaapvleis.

Pryse
Abattoirpryse het baie toegeneem die afgelope tien jaar. Skaapvleispryse was in 2008 bykans driedubbel die prys van 1999. Dit het toegeneem van R10,13/kg tot R29,17/kg. Dit is ‘n styging van 188% en is die duurste vleis beskikbaar. Beesvleispryse het byna net so veel gestyg. Dit het toegeneem van R7,87/kg tot R20,88/kg. (165%) Varkvleis het met 95% gestyg - dit is die helfte van die styging in skaapvleispryse. Die toename was van R 7,25/kg tot R14,15/kg en is dus nog die goedkoopste vleis beskikbaar.

Witvleis
Witvleis bestaan hoofsaaklik uit hoender maar daar is ook eende, kalkoene ens. ingereken. As gevolg van die hoë omset is getalle nie beskikbaar nie. ‘n Baie ruwe steekproef dui egter daarop dat daar in 2008 meer as 1,5 miljard hoenders geslag moes gewees het.
Die verbruik van witvleis het met 62,6% toegeneem die afgelope 10 jaar van 874 000 ton tot 1,421 miljoen ton in 2008. (Die totale rooivleis verbruik - beeste, varke en skape - was 1,231 miljoen ton in 2008). Die per kapita verbruik van witvleis in 2008 was 29,69 kg per persoon.

Enkele diereprodukte
Die produksie van melk was redelik stabiel en het die afgelope dekade gewissel rondom 2,5 miljoen liter per jaar. Pryse het egter gestyg van R1,18 per liter tot R2,74 per liter in 2008. Dit is ‘n toename van 133%. Die produksie en pryse van melk sluit in vars melk en melk en alle vorme van verwerking (langlewe melk, melkpoeier, kondensmelk, ens.).
Wolproduksie het effe gedaal van 47 600 ton tot 42 300 ton (11%) en bokhaar van 5 200 ton tot 3 400 ton (34%). Dit wil voorkom asof daar ‘n mate van stabilisering in die produksie gekom het as in aanmerking geneem word dat in 1990 was daar 97 500 ton wol en 10 000 ton bokhaar geproduseer. Wolpryse het sedert 1998 met 123% toegeneem van R13 per ton tot R 29 per ton. (123%)
Eierproduksie het met 32% toegeneem tot 435 000 ton in 2008 en die verbruik daarvan met 37% tot 414 000 ton verlede jaar. Die per capita verbruik is tans 8,67 kg per person per jaar. Die prys van eiers het meer as verdubbel en het gestyg van R3,57 per dosyn tot R7,50 per dosyn in 2008.

Opmerking
Hierdie is slegs ‘n voëlvlug blik op diere en hul produkte in die RSA geproduseer. Veeteelt lewer byna 50% van die totale waarde van landbou in ons land en daarom is daar in die kort bespreking slegs aan die vernaamste produkte aandag gegee.

Bron: Kortbegrip van Landboustatistiek - 2008

Geskryf deur Kobus Smit. Hy was van 1993 tot 2000 die voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee en het sedert sy aftrede steeds 'n lewende belangstelling in landbousake in die algemeen en in besonder in landbou-ekonomie en landboustatistiek. Sy e-pos-adres is: diesmitte@gmail.com.

25 November 2009
 

4.25
 
 
  • 4039 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

KAR 
01 Des 2009 09:33

Is verbruik = gewild of bepaal prys verbruik voorkeur oor tyd?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Landbouleier in plaasaanval
  • Soek raad met grasperkruspes
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction