Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Ander-diere / Ander-diere / Roofvo-ls-boere-se-bondgenote

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Roofvoëls boere se bondgenote

 
Deur ABRIE MARITZ

Binne die indrukwekkende lewensiklus het elke dier, vo&eumll en organism sy plek. Deur die eeue het hierdie siklus só goed aangepas dat elke lewende wese 'n unieke rol binne die ekologie vervul.

Roofvo&eumlls, wat ook aasvo&eumlls en uile insluit, het ontwikkel om hul prooibevolkings geneties en fisiek gesond te hou, en om die prooi se getalle binne perke te hou. Om 'n volhoubare en konstante voedselbasis te verseker, jag roofvo&eumlls en -diere hoofsaaklik ander diertjies met gebreke, afwykings of siektes. Só bekamp hulle die verspreiding van siektes en voorkomdat 'n genetiese afwyking die prooibevolking geneties verswak.

Suid-Afrika spog met talle roofvo&eumllsoorte. Die roofvo&eumllbevolking bestaan uit daglewende (68 soorte, met aasvo&eumlls ingesluit) en naglewende (12 uilsoorte) vo&eumlls. Hul prooi kan enigiets van insekte tot primate wees, met soogdiere, reptiele, amfibieë, visse, slakke en ander vo&eumlls tussen-in. Die witaasvo&eumll vreet byvoorbeeld hoofsaaklik die vrugte van rafiapalms.

Deur diere met afwykende gedragspatrone en gebreke uit te skakel, verseker roofvo&eumlls dat net die gesonde diere voortleef. Die verwydering van siek diere is veral belangrik vir die bekamping van lewensbedreigende siektes vir die mens, soos hondsdolheid. 'n Dier wat hondsdolheid onder lede het, toon vreemde gedragspatrone. Roofvo&eumlls merk dit vinnig op en verwyder die dier voordat ander diere besmet word. Veral groot arende vervul in hierdie opsig 'n belangrike rol.

Dit is nie die enigste rol wat hulle in die groter prentjie vertolk nie. Roofvo&eumlls is van kardinale belang in die voorkoming en beheer van bevolkingsontploffings.

Groter uilspesies keer dat die getalle van knaagdiere, soos rotte en muise, handuit ruk. Tydens 'nmuisplaag sal nonnetjiesuile selfs meer eiers lê en meer kuikens grootmaak omdie getalle te beheer.

By Van Zylsrus in die Kalahari het 'n boer opgelet hoe 'n broeipaar nonnetjiesuile klokslag elke sewe minute vir hul kroos 'n muis nes toe geneem het. Hy het dié proses op film vasgelê.

Benewens die bevolkingsontploffing is rotte enmuise ook die draers van buidelpes. Hulle kan ook groot skade aan graanvoorrade aanrig en daarom is uile 'n belangrike bondgenoot van die mens.

Aan die ander kant leef daglewende soorte, soos die blou- en rooivalkies, hoofsaaklik van muise wat in die dag voorkom.

Kolonies broeiende rooibekvinke is die teiken van veral kleiner arend- en valksoorte - ook 'n manier om plaagdiere se getalle te beperk.

Aasvo&eumllsoorte voorkom dat brommergetalle toeneem deur dooie diere se karkasse uit die veld te verwyder. Brommers versprei siektes en aasvo&eumlls voorkom dus dat epidemies uitbreek. Aasvo&eumlls is ook nuttig om aan boere onnatuurlike, grootskaalse vrektes by sy kuddes te wys. Só kan boere betyds optree en verdere siektes voorkom.

Maar dit is nie net by groter diere waar roofvo&eumlls nuttig is nie, want die vo&eumlls vang ook insekte. Veral tydens sprinkaan- en termietplae raak hul rol duidelik - selfs groot arende vreet termiete en sprinkane. 'n Migrerende groot bruin steppe-arend is nogal 'n aardige gesig as hy lomp-lomp agter termiete aanhardloop!

Deur dié plae in bedwang te hou, spaar roofvo&eumlls boere tonne kosbare veldhooi,wat weer in waardevolle proteïene omgesit kan word.

Daar is gevind roofvo&eumlls stel dikwels meerlinge tot prooi. Dit pas in by die teorie dat roofvo&eumlls en -diere dikwels afwykende diere en onnatuurlike situasies as voedsel benut. Só verwyder hulle dikwels verwaarloosde diere en selekteer self vir goeie moedereienskappe. Die negatiewe eienskap kan dan nie verder deur die kudde versprei word nie.

In die natuur word meerlinggeboortes as 'n ongewenste en afwykende eienskap beskou. Selfs die oeroue mensrasse, soos die Boesmans, het teen die eienskap van meerlinggeboortes geselekteer deurmeerlinge by geboorte dood te maak. Dit is vir 'n vroulike dier - veral by boksoorte - moeilik ommeer as een kleintjie te soog en teen roofdiere te beskerm. Lede van 'n tweeling is dikwels ook fisiek swakker ontwikkel by geboorte.

Deur op die swakker individue jag te maak, verseker die roofdiere nie net dat slegs die fiksste, sterkste, gesondste en vinnigste prooi oorleef nie,maar hulle plaas ook dieselfde seleksiedruk op hulself. Dit is net die fiksste, gesondste en vinnigste roofdiere wat suksesvol kan jag en oorleef! Dit verseker 'n wonderlike balans in die ekologie.

Roofvo&eumlls, net soos ander roofdiere, jag dikwels hul opposisie as prooi. Groot arendsoorte sal byvoorbeeld jag maak op jong jakkalse en rooikatte, om sodoende die kompetisie te verminder.

Sekretarisvo&eumlls jag nie noodwendig aktief slange nie, maar sal 'n slang doodmaak en opvreet wanneer hulle een in die veld raakloop. Sekretarisvo&eumlls maak egter aktief jag op sandakkedisse en grondbroeiende vo&eumlls se eiers en kuikens. Omdat slange ook hierdie bron benut, sal 'n sekretarisvo&eumll 'n slang doodmaak omdie kompetisie uit te skakel.

Om dieselfde rede sal ander roofvo&eumlls, soos arende en valke, daglewende muishondspesies jag omdat hulle ookmuise as prooi benut.

As ons die mens en sy aktiwiteite, soos kleinveeboerdery, as deel van die ekologie beskou, kan dit wees dat roofvo&eumlls soms 'n negatiewe invloed op die ekologie het.

Aasvo&eumllsoorte bad dikwels in veesuipings en besoedel die drinkwater met droë bloed wat aan hul vere vassit en stukkies vleis wat hul opbraak. Dit kan daartoe lei dat diere weier om die water te drink en van dors vrek.

As diere wel van die water drink, kan hulle besmet raak met siekte-organismes, soos lamsiekte en bloedvergiftiging. Boere moet daarom seker maak dat hulle gereeld hul veesuipings skoonmaak nadat aasvo&eumlls daarin gebad het.

Dit gebeur ook soms dat van die groot arendsoorte, soos witkruisarende en bre&eumlkoparende, kleinveelammers vang. Veral verwaarloosde lammers val arende ten prooi. Boklammers wat in die veldweggesteekword, is veral kwesbaar. Boere moet sekermaak dat hulle alle dooie lammers uit die veld verwyder. Arende leer aas op die dooie lammers en sal dan meer geredelik slapende lammers aanval.

Pluimvee moet ook so ver moontlik in hokke gehou word om te voorkom dat hulle valksoorte ten prooi val. Veral kuikens is kwesbaar. Arende sal ook soms volwasse pluimvee, soos kalkoene en ganse, aanval.

Alle roofvo&eumlls wat mak diere vang, kan egter met 'n program van negatiewe assosiasie afgeleer word om mak diere te vang.

Nonnetjiesuile wat in skure en ander buitegeboue skuil, besoedel dikwels voertuie en toerusting met hul mis en braakballe. Hulle skuil ook dikwels op huise se plafonne en is 'n bron van irritasie weens die geraas wat hul maak. Die versameling van dooie muise en braakballe op 'n plafon kan ook uiters onaangenaam word.

Vir al die probleme is daar egter ecologies vriendelike oplossings met die minimum ongerief vir die betrokke roofvo&eumlls.

Op die keper beskou is alle roofvo&eumllsoorte bondgenote van die mens en onontbeerlik vir 'n gesonde balans in die natuur.

 

  • Mnr. Abrie Maritz is die koördineerder van die Kalahari-roofvo&eumllprojek, 'n projek van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe.

    Bedreigde vo&eumlls het hulp nodig
    Altesame 23 van die 84 soorte aasvo&eumlls, daglewende roofvo&eumlls en uile wat in Suider-Afrika voorkom, is in die Suid-Afrikaanse Rooidataboek as bedreig gelys.

    Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se Roofvo&eumllwerkgroep het sedert 2005 sy visier op hierdie vo&eumlls gerig om te verseker dit word vir die nageslag bewaar.

    Die werkgroep probeer om alle individue en organisasies betrokke by roof- en aasvo&eumllbewaring saam te snoer en só die bewaringspoging spiere te gee. Die groep wil ook aandag gee aan tekortkominge in die bewaring van die vo&eumlls en hul habitat. Dit alles word gedoen teen die agtergrond van die groter bewaringsplan.

    Op die oomblik bestuur die werkgroep 23 projekte regoor Suider-Afrika. Dié projekte fokus op bepaalde vo&eumllsoorte, hul habitat en die mense wat woon in die gebiede waar die vo&eumlls voorkom.

    Enigiemand kan betrokke raak by die werkgroep en sy taak help verlig deur:

  • Bedag te wees op moontlike bedreigings en konfliksituasies en dit aan te meld;
  • Uit te kyk vir gemerkte roofvo&eumlls (veral aasvo&eumlls) en dit aan te meld;
  • Te help met die monitering van roofvo&eumlls;
  • Deel te neem aan navorsingsprojekte;
  • Buitengewone gebeurtenisse en gedrag aan te meld;
  • Die boodskap te versprei dat roofvo&eumlls bewaar moet word; en
  • Deel te neem aan die aktiwiteite van die Roofvo&eumllbewaringsgroep.

    Kontak die Roofvo&eumllwerkgroep by 011 486 1102 of besoek sy webwerf by www. ewt.org.za .

    Landbouweekblad, 14 Desember 2007

0
 
 
  • 2807 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 'Mededingingsraad toe met New Holland'
  • Boom Lusern en siektes
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction