|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Die Vra vir Faffa-afdeling op ons webwerf is herbou en antwoorde is nou veel makliker om te vind met ‘n nuwe indeks.
Al die artikels wat in dié gewilde afdeling gepubliseer is, is nou via een indeksbladsy beskikbaar. ‘n Voordeel is dat die kategorieë, die sub-kategorieë en die artikels in elke sub-kategorie alfabeties daarin verskyn.
Die hoofkategorieë is akwakultuur, beeste, grond plante en plae, perde, pluimvee en voëls, skape en bokke, troeteldiere, varke, weiding en wild. Die meeste artikels is in die kategorieë vir beeste, vir skape en bokke te vinde.
Die bekende veearts, dr. Faffa Malan, hanteer die Vra vir Faffa-afdeling op landbou.com die afgelope jare en hy en ‘n paneel veeartse beantwoord lesers se vrae oor dieregesondheid. Die vrae en antwoorde word daarna op die webwerf gepubliseer. Malan is ‘n bekende spreker oor veegesondheid op boere- en inligtingsdae.
Meer as 2 000 artikels is reeds in dié afdeling op die webwerf gepubliseer en Malan beskryf dit as die omvattendste bron oor dieregesondheid in Suid-Afrika.
16 Desember 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ons het n plaasdam ongeveer 100vk meter en wil met barbers boer. Waar kan ek vingerlinge koop en meer inligting bekom 082 471 0956
Ons boer buite Lydenburg en het n plaasdam wat ons barbers wil mee boer .Waar kan ek vingerlinge koop en meer inligting bekom 082 471 0956
Kan enigeen my asseblief help. Ek is op soek na n Hen waaierstert duif. Kraaie het my enetjie gevang en nou is die haan baie eensaam. Ek woons in Kaapstad (Brackenfel) as julle miskien vir my enige duiwe boere se tel nrs kan laat kry sal ek bly wees. By voorbaat dank.
as daar enige boer is wat my self kan help om 'n trekker te kan skenk sal ek dit op reg waardeer ek sukkel om werk te kry en ek het 'n 5 hektaar grond wat le asb ek vra mooi help my om my 2012 drome te bewaar 'n geseende voorspoedige nuwe jaar aan al die boere
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)