|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Die Landmark-stigting het openlik "oorlog" teen die RPO en die NWKV en individuele boere verklaar wat na sy mening voorstanders is van "barbaarse metodes" om roofdiere te bestry.
In 'n e-pos-brief wat in Landbouweekblad se besit is, voer dr. Bool Smuts, direkteur van dié stigting, aan dat dié produsente-organisasies hulle beywer vir die gebruik van slagysters, gifskieters, jaghonde en ander "moreel onaanvaarbare praktyke" om probleemdiere te bestry.
In die brief word 'n beroep op verbruikers gedoen om dit in gedagte te hou wanneer hulle die volgende keer vleis, wol en bokhaar koop wat geproduseer word deur lede van die organisasies wat dié praktyke toepas.
In die brief is daar ook 'n foto van 'n luiperd wat in 'n slagyster gedood is en na bewering op 'n bekende in bokhaarkringe se plaas gevang is. Die name van die betrokke boere word in die brief genoem.
Smuts doen 'n beroep op verbruikers om met hul "beursies te stem" en aan te dring om slegs produkte te koopwat volgens "etiese metodes" geproduseer is. Die kwessie oor die bestryding van probleemdiere het ook 'n groot debat op RSG se program, Praat Saam uitgelok.
30 Mei 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24