Vier aangekeer vir renosterhorings

 
Renoster. Foto: LANDBOUWEEKBLAD
Renoster. Foto: LANDBOUWEEKBLAD

Vier vermeende wilddiewe is oor die naweek in die Kruger Nasionale Park aangekeer, sê Sanparke.

Luidens ‘n verklaring is die mans aangekeer nadat wildbewaarders en ‘n omgewingsmisdaad-ondersoekspan twee renosterhorings, verskeie gewere en ‘n byl in hulle besit gevind het. Die renosterhorings was onlangs afgekap.

Voor die verdagtes opgespoor is, het wildbewaarders op die karkas ‘n jong renosterkoei afgekom waarvan die horings afgekap was. Kort daarna is die mans naby die Manyeleti-dam gevind.

Kamp opgeslaan in die wildtuin
Die vier mans, wat almal van Mosambiek afkomstig is, het erken dat hulle oornag in die wildtuin gekamp het. Hulle kan vermoedelik met ander voorvalle van wilddiefstal in die wildtuin verbind word.

Dr. David Mabunda, hoof uitvoerende beampte van Sanparke, het na dese ‘n hernude beroep op gemeenskappe gedoen om die plaaslike owerhede by te staan in hul pogings om wilddiefstal hok te slaan.

“Dit is hartseer dat ons nie dié jong renosterkoei betyds kon red nie, maar ons is oortuig dat wilddiewe die druk van ons verskerpte pogings voel, en ons sal daarmee voortgaan,” sê hy.
 
Hy het vroeër die maand bekend gemaak dat reeds sowat 124 renosters tot dusver vanjaar vir hul horings doodgemaak is.

13 Julie 2010
 

0
 
 

Kommentaar

Stefaans 

Wens ons kon hul 'poach' en verkoop vir iets maar sal niks vir hul kry nie. Hoop hul word swaar gestraf!

Onbekende besoeker 

So kan dit nie aangaan nie...

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.