Luukshede soos volstruisleerprodukte het weens die onlangse wêreldwye ekonomiese resessie populariteit verloor, maar die vraag na volstruisvleis is steeds hoog. Luidens ‘n berig van Fin24.com het mnr. Hendrik Pienaar, voorsitter van die Mosstrich-groep, aangekondig dat die maatskappy se omset in die 2009-geldaar van R305 miljoen na R324 miljoen gestyg het.
Die groep het die afgelope 12 jaar sowat 1 200 ton volstruisvleis na onder meer Duitsland, Switserland, Frankryk en België uitgevoer.
Lees ook:
Mosstrich is Uitvoerder van die Jaar
230 000 volstruishuide per jaar geproduseer
Volgens De Wet produseer Suid-Afrika jaarliks sowat 230 000 volstruishuide. Suid-Afrika se volstruisleer-uitvoere is tans sowat R300 miljoen per jaar werd, en volgens De Wet is dit aansienlik minder as vorige jare.
Groot aantal vrektes weens hitte
Intussen is nog geen nuwe vrektes aangemeld na sowat 2 000 volstruise verlede week in die Klein Karoo en Suid-Kaap weens ‘n hittegolf omgekom het. Mnr. Anton Kruger, hoof uitvoerende beampte van die Volstruisbedryfskamer, sê vier boere het meer as 200 volstruise verloor.
Hy sê die hittegolf is ‘n jaarlikse verskynsel. “Ek het gaan terugkyk in ons media-argiewe. Elke jaar rondom die 10de Februarie vrek ‘n klomp volstruise weens die hitte.”
Groot uitwerking op die boere
Kruger sê daar word jaarliks nagenoeg 220 000 volstruise in Suid-Afrika geslag, so dié aantal vrektes het slegs sowat ‘n 1% invloed op die land se totale produksie. Hy sê dit het wel ‘n ernstige uitwerking op individuele boere aangesien die gemiddelde prys vir ‘n volstruis R2 300 is.
18 Februarie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)