Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Ander-diere / Ander-diere / Volstruisvleis-n-luuksheid

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Volstruisvleis 'n luuksheid

 
Deur THEUNS BOTHA

Met slim bemarking kan volstruisvleis in dieselfde kategorie as kreef en kaviaar geplaas word, maar dan moet dit as 'n tipies Suid-Afrikaanse produk bemark word. Die huidige fragmentering in die bedryf kan egter dié nismark skaad, maan een van die land se grootste uitvoerders van volstruisvleis.

Die voorkoms van malbeessiekte in Europa en die daaropvolgende uitbreking van bek-en-klou-seer het 'n onverwagte voordeel vir volstruisboere wêreldwyd ingehou.

Volstruispryse het die afgelope jaar as 't ware oornag verdubbel, sonder dat 'n sent aan bemarking bestee is. Meer behoort egter gedoen te word om geleenthede vir dié vleissoort te benut en dit as 'n delikatesse te bemark.

"Die tekort aan dié vleissoort is só groot dat dit met slim bemarking gerieflik in dieselfde kategorie as kreef en kaviaar geplaas kan word. Dit moet dus nie bloot as 'n plaasvervanger vir tradisionele rooivleis aangebied word nie," sê mnr. Zorb Caryer, besturende direkteur van Camdeboo-Vleis op Graaff-Reinet.

Mnr. Caryer sê die feit dat daar wêreldwyd jaarliks net 5 000 t volstruisvleis beskikbaar is, skep besonderse geleenthede. Diegene in die plaaslike bedryf behoort egter op 'n meer gekoördineerde wyse met 'n vernuftige bemarkingstrategie na vore te kom.

"Die Kanadese kon met slim kollektiewe bemarking Amerikaanse buffelvleis teen dubbel die prys van volstruis- en drie keer die prys van beesvleis in Europa van die hand te sit. Dieselfde geleenthede bestaan vir volstruisvleis."

Hy sê die huidige bemarkingsaksies is te gefragmenteer en elke betrokkene probeer net om 'n mark vir sy eie produk te vind. Hy betreur die feit dat volstruisvleis nog nie as 'n tipies Suid-Afrikaanse produk bemark word nie, en dat instansies wat 'n markaandeel probeer bekom, dit doen deur bloot die pryse te sny.

Mnr. Caryer sê hy is nie gekant teen die werking van die vrye mark nie. Dit pla hom egter dat diegene wat die mark met groot afslagpryse betree, dikwels nie standhoudende voorsieners is nie. Dit knou Suid-Afrika se aansien en dwing buitelandse kopers om hulle eerder tot meer betroubare verskaffers, soos dié in Israel en Australië, te wend.

Hy sê die Argentyne, Australiërs en Nieu-Seelanders was vernuftiger en het éérs hul land van oorsprong bemark en daarna die betrokke handelsmerk. Europeërs sal onmiddellik produkte soos Argentynse beesvleis, Nieu-Seelandse lam of Australiese kangaroe met dié betrokke lande verbind.

"Ons het min gedoen om volstruisvleis as 'n ware Suid-Afrikaanse produk te bemark. Elkeen wat in die uitvoermark betrokke is, het tot dusver bloot sy eie handelsmerk probeer vestig."

Die meeste verbruikers in die buiteland is salig onbewus dat Suid-Afrika die grootste verskaffer van volstruisvleis is en in meer as 70 % van die wêreld se behoefte voorsien. Volstruisvleis is veral in Duitsland, Frankryk, Italië, Nederland en België gewild.

Mnr. Caryer meen dieselfde fout word begaan met talle van die land se ander landbou-uitvoerprodukte. "Wie in Duitsland weet waar Graaff-Reinet is? Wie in Japan herken werklik 'n landgoedwyn wat van Suid-Afrika afkomstig is?"

Hy sê die probleem kan deels daaraan toegeskryf word dat Suid-Afrika meer as 30 jaar lank van die wêreld uitgesluit was. Die land het in dié tydperk 'n groot agterstand in kundige bemarking opgebou. "Dit is jammer dat Suid-Afrika die afgelope paar jaar bekendheid verwerf het as 'n land van misdaad, eerder as 'n land van geleenthede en uitstekende landbou-uitvoerprodukte."

Die afgelope paar jaar is groot vordering gemaak om die smaak van volstruisvleis te verbeter deur die toepassing van pynlose doodmaakmetodes. Volstruise word byvoorbeeld 'n dag voordat hulle geslag word by die slagplaas afgelaai om te kalmeer. Hulle word met skokapparaat om die lewe gebring en hul vere word nie meer voor slagting gepluk nie.

Mnr. Caryer sê volstruise het 'n kouekarkasgewig van gemiddeld 43 kg. Van dié 43 kg is hoogstens 15 kg vleis vir uitvoer geskik, waarvan 23 % steak, 12 % filet en 5 % blokkiesvleis is.

Sowat 10 kg of 25 % van die karkas bestaan uit been wat nie saam met die vleis bemark kan word nie, omdat dit poreus is en die vleis se raklewe sal verkort. Camdeboo verkoop dié bene teen R1/kg aan Graaff-Reinet se inwoners. Die res van die karkas wat nie uitgevoer word nie, word ook plaaslik bemark.

Hoewel hy oortuig is dat daar uitstekende geleenthede in die bedryf is wat wag om ontgin te word, raai hy voornemende produsente aan om eers met 'n slagplaas in hul omgewing te praat en kontrakte te beding voordat hulle voëls vir die slagmark grootmaak.

Hy vra ook vir groter samewerking in die bedryf. Opkomende boere moet meer by die grootmaak van volstruise betrokke raak en meer betroubare syfers oor die bedryf in die land moet beskikbaar gestel word.

Wat volstruisvelle betref, sê mnr. Caryer dit is jammer dat die sowat 15 instansies wat daarby betrokke is, klaarblyklik nie bereid is om met mekaar te praat nie. Boere kan nie net op die vleis en vere staatmaak vir ekonomiese volstruisproduksie nie. àl die produkte moet lonend wees, anders gaan die hele bedryf ly.

Ofskoon Camdeboo nie regstreeks by die verkoop van velle betrokke is nie, meen hy ondergraadse velle behoort meer in die skoeiselbedryf aangewend te word. Ongelukkig word minder as 10 % van die velle plaaslik verwerk.

"Velle word aan agente verkoop, wat dit op hul beurt aan ander tussengangers verkwansel voordat dit iewers in die Ooste verwerk word. Min winkels in die buiteland verkoop 'n goeie verskeidenheid produkte van volstruisleer.

"Daar is 'n struktuur in die bedryf gevestig. Dit is tyd dat ál die betrokkenes besef dat hulle nie bloot 'n lippediens daaraan moet lewer nie, maar dit daadwerklik ondersteun," sê hy.

Camdeboo bult sy spiere

Camdeboo het die afgelope paar jaar baanbrekerswerk verrig om nuwe markte vir wild- en volstruisvleis in Europa en die Ooste te ontgin.

Dié maatskappy het ses jaar gelede tot stand gekom toe 16 boere van Graaff-Reinet en Grahamstad wat teen die destydse eenkanaalstelsel vir die volstruisbedryf gekant was, elk R10 000 betaal het om 'n maatskappy te stig wat hom uitsluitlik op die uitvoer van wild- en volstruisvleis sou toespits.

Die abattoir het onlangs internasionale aansien verwerf nadat dit voldoen het aan al die vereistes wat deur die Europese Unie (EU) vir vleisuitvoer gestel word.

Camdeboo het in die begin net vyf volstruise per dag geslag, maar gegroei tot 'n maatskappy wat tot 240 volstruise of sowat 10 t vleis per dag verwerk. Die meeste van dié vleis word per lugvrag en in verkoelde vorm (0 grade C) na verskeie wêrelddele uitgevoer.

14 Junie

0
 
 
  • 2064 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Maxiwol regdeur jaar gevoer?
  • Boere 1, Telkom 0
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction