|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Die land se georganiseerde lewende hawe- en wildprodusente het besluit om kragte saam te snoer om die probleem van probleemdiere doeltreffend aan te spreek.
‘n Werkgroep is gevorm nadat gesaghebbende gegewens wat deur die African Large Preditor Research Unit (ALPRU) van die departement vee- wild en weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat ingesamel is, daarop dui dat net die kleinveebedryf verlede jaar ‘n verlies van meer as R1,1 miljard gely het. Die syfer sluit nie die verliese in wat deur die grootvee- en wildbedrywe gely is nie.
In ‘n mediaverklaring sê mnr. Petrus de Wet, voorsitter van die probleemdierebeleidskomitee, dat die werkgroep dit ten doel het om wetgewing en beleid gesamentlik te beïnvloed. Dié proses word reeds onder toesig van die Departement van Omgewingsake en Waterwese afgehandel.
De Wet het gevra dat enige skakeling met die media rakende diere wat skade veroorsaak óf na die onderskeie kommoditeitsorganisasies verwys word, of regstreeks na die sekretariaat van die. Dit staan egter steeds enige produsent of produsente-organisasies vry om eiesoortige probleme wat nie gesamentlik deur die werkgroep hanteer kan word nie, self na goeddunke aan te spreek.
8 Julie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)